Onlangse gedig deur Barend J Toerien
November 24, 2009 in Sonder kategorie
Barend J. Toerien (1921-2009) se profiel, waarna ’n skakel tans op die LitNet-openingsblad pryk, het my herinner aan ’n getikte, ondertekende gedig wat hy kort voor sy dood uit “Rocky Ridge MD …, USA” vir my gestuur het. (Onderaan het hy geskryf: “Herr Gerrit Brand, Wie es Ihnen gefällt – Shakespeare. Mein Deutsch ist nicht so gut, maar doen met hierdie versie soos u wil.”)
Dit word hier die eerste keer gepubliseer. Geniet dit!
Die rooi kat met die geel strepe
lê lankuit op die gras, hou my oë
vas soos hy daar slaap met pote
lui gestrek en stert ’n nou-nou kwispel
kwytraak. Hy hou my in posisie
dat ek nie weggaan nie, maar aanbly,
hier anker. Goedvoel en stilte soos hierdie
sal hy voor sorg, dat ou Katie saliger
nie meer kan sing nie Oorie see, Oorie see
Met die blou steemerjie. Hy hou
die aarde in sy vier pote vas, maak dat
stakers, die oproeriges, die altyd ontevredenes
wegbly, die werkloses werk kry
en die huisloses in vreugde onderdaks
dek of gedek word met genoegsaam satisfaksie.
* Stuur ’n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.
gerritbrand het gesê op November 24, 2009
Gedigte is daar om gedeel te word. Bly jy kan daarby stilstaan!
nastergal het gesê op November 25, 2009
‘n Meesterstem aan die woord. Dankie vir die deel.
gerritbrand het gesê op November 25, 2009
Is dit nie!