‘n Virtuele Groot Trek?

April 27, 2014 in Uncategorized

Daar is darem nog ‘n paar funksies wat werk, want ek kon sopas vir Naomi die volgende boodskap stuur:

Hallo Naomi
Ek neem aan jy is oorwerk en dis hoekom ons so verwaarloos word hier op Litnet se blogs. Ons ou spulletjie staan, lyk dit my, op die punt om ‘n virtuele Groot Trek aan te pak! Ten spyte van jou onderneming so ‘n paar dae terug, kan ons nog steeds nie kommentaar lewer nie. Langnaweke is vir baie mense blogtyd, en nou is ons stemme stil. Ek is regtig hartseer, want die mense wat hier (ge)blog (het), praat my taal – letterlik en figuurlik. Maar nouja…

@Tina10: As jy trek, trek ek saam, want jy is vir my soos ‘n hartsvriendin!

1 antwoord op ‘n Virtuele Groot Trek?

  1. tina10 het gesê op April 27, 2014

    Heeeeeeeeellllllpppppp

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.