Dag twee
Maart 4, 2014 in Uncategorized
Haar ogies wat so baie na haar mamma s’n lyk, bekyk my met verstomming wat omsit in verontwaardiging. Ja, sy ken hierdie gesig – glimlag gewoonlik gul as sy haar ouma sien – maar as dit kostyd is, is dit mammatyd! En nou? Hier’s die ouma-gesig en ‘n plastiekprop!!
Nadat sy die beste van ‘n slegte saak gemaak het en daglank pligsgetrou die bottels leeggesuig het, is mamma skielik weer daar. Nou hoe nou?
Ag my ou liefie – dat jy so vroeg reeds moet leer die lewe is een lang reeks pynlike aanpassings…
tantekoba het gesê op Maart 4, 2014
Sommige aanpassings selfs pynliker as ander.
tina10 het gesê op Maart 5, 2014
Die wonder van Baba wees…
perdebytjie het gesê op Maart 5, 2014
Gelukkig is die mens aanpasbaar en sal sy verstommend gou gewoond raak daaraan.My ou kleinman gaan bedags creche toe en dit op ses maande!
charly hardy het gesê op Maart 5, 2014
Ek daink as ke ‘n kleinkind moes hê sou ek hom / haar steel
🙂