Krismiskatte en Daisy die hond
Desember 26, 2013 in Uncategorized
‘n Ekstra bonus van my kuier in Pennsylvania is om die kleinkatte en kleinhond te leer ken.
Hier is Diesel, ‘n yslike, glorieryke gemmerkat, maar uiters sku en bang vir alles. Aldrie die diere is met tussenposes by ‘n ‘animal shelter’ gaan haal en my dogter sê Diesel ‘het baie bagasie’. Hy is op sy gelukkigste as my skoonseun hom karnuffel en het darem nou al een aand by my voete op die bank gelê. Kersoggend het hy my toegelaat om hom onder sy ken te krap, dit was ‘n groot geskenk! Vriende se driejarige dogtertjie het hom spontaan ‘the Hiding Cat” genoem – ‘n raak beskrywing.
Midnight is net ‘n flentertjie lewe, maar ‘n bloeddorstige jagter. Sy het al binne een week ‘n mol, ‘n muis en ‘n eekhoring vir haar nooi kom present gee.
Daisy – ag, Daisy is die essensie van alles wat mooi is van ‘n hond.
tina10 het gesê op Desember 27, 2013
Ag dis die allermooiste dierekinders
Carol R @ Losbek het gesê op Desember 27, 2013
Hulle is dierbaar! Ek het twee honde en een kat “kleinkinders”
Rina Willemse het gesê op Desember 27, 2013
Ag dierbaar! Midnight lyk nes ons Blackie. Op haar hoogs bejaarde ouderdom vang sy nog steeds so af en toe ‘n muis of voël wat sy dan trots vir ons kom wys. En ten spyte van haar (en ons ander kat toe dié nog geleef het) se jagtery, floreer die voëlbevolking nog steeds hier by ons.
rosiemetdorings het gesê op Desember 27, 2013
die goed het ‘n manier om onder mens se vel in te kruip.
perdebytjie het gesê op Desember 27, 2013
Diere is wonderlike wesens en so kwesbaar.Dankie hiervoor.
Dirkie het gesê op Desember 27, 2013
Dit is nou die mooiste name vir die Troeteldiere . Baie geniet Frannie.
Henry @kompethenry het gesê op Desember 28, 2013
Lekker troetels!