Skemertyd

November 30, 2013 in Uncategorized

Gister was my laaste dag op kantoor. Ek is verskriklik bederf: met pêrels, ‘n yslike mandjie blomme en ‘n ete in ‘n lieflike restaurant. Ek het meer drukkies gekry as in die afgelope sewe jaar en mooi woorde is gespreek.

Ek kyk vir oulaas by die venster oor die parkie uit. Tussen donker wolke gooi die son sy goue strale in ‘n skouspelagtige patroon.

Dis die aand van my lewe.

Ek was nog altyd lief vir die skemer.

8 antwoorde op Skemertyd

  1. Twaksak het gesê op November 30, 2013

    Askies, maar “aand” van jou lewe se alie! “When you’re going downhill, you pick up speed.” Hehe!

  2. Nou begin jou lewe eers!Jy kan nou doen net wat jy wil,wanneer jy wil,hoe jy wil! 😆

  3. Beste wense en baie geluk met die kleindogterjie! Nou sal jy genoeg tyd he om haar te geniet en die wonderwerk met ons te deel. Voorspoed.

  4. Nee wat, dis ‘n nuwe deel van mens se lewe wat jy betree, dit kan net so sinvol as jou werkende lewe wees.

  5. Stem saam met @twaksak Nou is die tyd om te geniet en die dinge te doen, wat nooit kon nie. Dit is lekker, die afgetredenheid!

  6. nee, jy kry nou 2e asem. raak net eers gewoond aan die nuwe situasie en geniet dit dan.

  7. Aand se dinges! Mooi beskrywing! Jy sal mos maak dat ek erg weemoedig raak!

  8. maryna het gesê op Desember 1, 2013

    Mag die heel mooiste tyd van Tannie Frannie se lewe pas aangebreek het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.