Hierdie Vrydag…
November 10, 2013 in Uncategorized
Vrydagoggend vroeg het my liewe skoondogter die uitbundige hond gevoer. Daarna het sy Laatlam oorreed om wakker te word en intussen haar tassies in die kar gaan sit. Ek sien foto’s uit die hospitaal en hou my hart vas daar op kantoor, terwyl ek wag vir werk wat ek eers moet nagaan voordat ek self ook kan ry om my nuwe kleindogtertjie te gaan verwelkom.
Die eerste foto’s kom deur – Laatlam wat die klein bondeltjie vashou; rustig lê sy en droom in haar pappa se arms. Hoe moet ‘n ouma se hart dit hou? Hierdie hart wil bars van vreugde en verwondering!
Die middag hou ek die liefkindjie vas. Sy slapies rustig, maar toe sy later wakker word, verrimpel daardie koppie van die kroontjie af en verkondig sy luidkeels haar ongenoeë. So klein, maar reeds volwaardig deel van die lewe – die vreugde en die pyn.
lora2me het gesê op November 10, 2013
@Tannie Frannie Baie geluk met die nuwe “stukkie van jou”. Ek hoop sy sal vir die res van haar lewe so lekker slaap en so duidelik laat blyk as sy nie tevrede is met iets nie.
tina10 het gesê op November 11, 2013
Baie geluk! Dis weer ‘n lekker nuwe deel tot julle lewens toe gevoeg
ek-myself het gesê op November 11, 2013
Geluk ouma! Jy mag maar bars van trots!
Bruggie het gesê op November 11, 2013
Mooi
rosiemetdorings het gesê op November 11, 2013
Baie geluk! Geniet die bederf van die nuwe mensie in julle lewe
perdebytjie het gesê op November 11, 2013
Geluk! Baie mooi geskryf…ons wag vir foto’s hoor!
Henry @kompethenry het gesê op November 11, 2013
Ag nice!
Geluk daar!
vega het gesê op November 11, 2013
Baie geluk, Ouma. Janee mens hou maar net die hart vas.
klarisabet het gesê op November 11, 2013
Baie geluk!