In memoriam: Skoonlief
Oktober 21, 2013 in Uncategorized
Wanneer mens ‘n troeteldiertjie het, stel jy jouself bloot aan die prys wat jy later sál betaal vir jare se vreugde en geselskap. Vanaand – en vorentoe – is dit my beurt om die prys te betaal in droefheid en gemis.
Die wilde wit kat lê meewarig langs my, skuur nou en dan teen my hande, probeer haar bes om my te troos.
Op my spieëlkas staan ‘n pragtige glaspot vol blomme en ‘n kaartjie van my kosbare skoondogter, wat so begin: ‘Ons is verskriklik hartseer saam met ma oor ou Skoonliefie…’
http://blogs.litnet.co.za/frandr/2011/08/26/my-familiar/
lora2me het gesê op Oktober 21, 2013
Troeteldiere is mos maar ‘n mens se hartskinders.
Tannie Frannie het gesê op Oktober 27, 2013
@lora2me Dis ‘n mooi en ware beskrywing
tina10 het gesê op Oktober 22, 2013
Ai ek is jammer! Sterkte!
Tannie Frannie het gesê op Oktober 29, 2013
Dankie vir jou meelewing, @tina10
Henry @kompethenry het gesê op Oktober 22, 2013
Ag hel.
Sterkte daar!
Tannie Frannie het gesê op Oktober 27, 2013
@kompethenry Dankie baie, Henry
perdebytjie het gesê op Oktober 22, 2013
Ag nee,nou het jy my in trane!Sterkte daar.
Tannie Frannie het gesê op Oktober 27, 2013
@perdebytjie Wens ek kon behoorlik huil en klaarkry, maar dit vat my vreeslik lank om verlies te verwerk. Dankie vir jou meelewing
Carol R @ Losbek het gesê op Oktober 22, 2013
Ag foeitog, dis so goed mens verloor ‘n kind. Drukkie! xxxxx
Tannie Frannie het gesê op Oktober 27, 2013
@losbek Jou empatie is kosbaar.
Zeppie - @zephur het gesê op Oktober 22, 2013
Sterkte Tannie Frannie
Tannie Frannie het gesê op Oktober 27, 2013
@zephur Dankie, Zeppie
rosiemetdorings het gesê op Oktober 22, 2013
Ja, die goedtjies het ‘n manier om so ongemerk in mens se hart te kruip, wat dan oneindige droefheid tot gevolg het as ons hulle moet begrawe
Tannie Frannie het gesê op Oktober 27, 2013
@rosiemetdorings En tog sou mens nie sonder hulle wou geleef het nie…
maryna het gesê op Oktober 22, 2013
Ek is so jammer om te lees van Tannie Frannie se groot verlies, my hart is stukkend saam met Tannie.
Tannie Frannie se blog het my aan ‘n gedig laat dink wat die digter Johan de Lange vir sy geliefde familiar, Vareck, geskryf het. Die pyn word minder met die tyd, maar die onthou word net meer, ek weet, en dan word die onthou net mooi. Ek verlang nou nog na my liefding, my lieferd.
In memoriam: Vareck
Jou naam het ek ver gaan haal
in koue streke waar die lug oopoog
jóúne naboots. Aan ons sonniger kus
het jou wit pels verdonker & verdig.
Vir elf jaar was jy vertroueling
& vriend; gulhartig van natuur
het jy alle toevoegings tot die gesin
met grasie aanvaar.
Dat ék wat jou liefhet
vanoggend oor jou éinde
moet beslis – op ’n mooi dag
& met die bure se windklokkies
buite – dít was bitter, lieferd.
Toe die laaste druppels uit die naald
in jou mooi lyf wegsypel, het jy
na my opgekyk: jou oë was ver & oop
op streke waar ek nie kan volg,
& jy my vir nou katvoet vooruit loop.
† 12 Desember 1992 – 29 November 2004
Ek dink aan Tannie Frannie vanaand, en aan almal wat al van ‘n vertoueling en vriend moes afskeid neem. @frandr
Tannie Frannie het gesê op Oktober 27, 2013
@marynam Watter pragtige gedig, dit vang soveel vas van wat ek daardie oggend beleef het en daarom troos dit – dankie, Maryna
maryna het gesê op Oktober 28, 2013
Dit troos, want dit is gedeelde pyn. Ek ken die seer en verlange en al die trane wat gestort word Tannie Frannie. Ek hoop dit is darem al bietjie minder seer.