Hier kom ‘n ding

September 24, 2013 in Uncategorized

Op hierdie erfenisdag maak ek gereed om die antieke meubels wat ek by my tannies geërf het, te verkwansel. Ek gooi kaartjies en briefies weg wat ek dekades lank al saam met my sleep. En ek besef maar net weer: mense is belangriker as goed en mot en roes verniel.

Ek wil so graag kuier hier op die blogs, maar ek trek oor minder as ‘n week en ek moet pak, pak, pak!

Ek gaan naamlik nou onder Laatlam se dak intrek. Hy het my reeds gewaarsku dat ek asseblief moet onthou sȳ reëls geld daar…

Dis hoekom ek sê: Hier kom ‘n ding… Ten minste, hoop ek, ‘n paar amusante inskrywings. Want hy en sy dierbare vroutjie lê my na aan die hart en maak daardie hart altyd bly.

14 antwoorde op Hier kom ‘n ding

  1. tina10 het gesê op September 24, 2013

    Oooooo mens gaar darem goed op. Hoop jy sal kommervry trek en baie gelukkige ure by die kinders deurbring. Ek is nie bekommerd nie want jy is mos ‘n gawe ouma en die reëls is net daar om jou teen jouself te beskerm …*koes* 😆

  2. Ek hoop jou meubels kry liefdevolle huise! Sterkte vir die trekkery!

  3. vega het gesê op September 24, 2013

    Hoop dit gaan heerlik wees. Is daar darem kleinkinders om die lewe interessant te maak?

  4. Ons het ´n ruk gelede daardie opruimding gedoen. Kom hier ´n rukkie gelede iemand en die sê ons huis is spartaans.

  5. As jy antiek meubels wil verkwansel, sal ek belangstel. Stuur gerus paar fotos aan.

  6. tina10 het gesê op Oktober 11, 2013

    Ek kan glad nie kommentaar lewer by jou nuutste blog nie… moet iets wees wat jy nog nie uitgepak het nie? Bly jy is veilig anderkant! Ek wonder net waar is die kinders wat jou 2uur in die nag moet help.

    • @tina10 liewe Tina, die kinders het mos terselfdertyd getrek, dus was ek op myself aangewese. Weet nie wat ek aangevang het om kommentaar te blok nie, dis nou die laaste ding wat ek sou wou doen, ek geniet dit dan so. Is nou op pad byskrifte toe 😀

      • tina10 het gesê op Oktober 18, 2013

        Ek hoop regtig nie dis nou ‘n permanente ding nie …
        kommentaar is soms vir my belangriker as die blok.

        As jy nou weer terug is … die uitdaging die week is ‘Emosie”

  7. Sterkte,dis nooit maklik nie.Ek sien ons kan nie kommentaar lewer op jou volgende inskrywing nie.Ek skryf dan sommer hier.Dis ‘n nare ervaring wat jy gehad het en dit het so goed geëindig.Dankie tog vir goeie samaritane!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.