What’s in a name?
Julie 8, 2013 in Uncategorized
Laatlam gooi die naweek ‘n kritiese oog oor die inhoud van my yskas.
‘Eeuww,’ roep hy uit, ‘is dit daai aaklige agurkietert?’
Nouja – agurkie, aspersie – albei begin met ’n a…
Hmm, miskien moet ek ’n agurkietert probeer aanmekaarslaan…
monicahaddad het gesê op Julie 8, 2013
Oe ek sê ook eeeuw vir ‘n argurkie tert 😉
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
Janee, ek stem, maar Twaksak se idee van een met piekeluie klink tog asof dit sou kon werk!
vega het gesê op Julie 8, 2013
Aspersietert eeeuw, kon nog nooit insien wat lekker is daaraan nie 🙂
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
Die resep is Middelkind se skoonma s’n, sy is ‘n uithalerkok. Dis regtig lekker.
perdebytjie het gesê op Julie 8, 2013
Wonder wat sal lekker saam met agurkies gaan..dalk kondensmelk?
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
Eeeeuuuuuwwwww!
Twaksak het gesê op Julie 8, 2013
Ek dink nou self aan die bak van ‘n agurkie- en pekeluitert. Ek’s mal oor aspersietert.
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
Dit behoort te werk – slim!
pbroere het gesê op Julie 8, 2013
ek het nou vir ‘n oomblik sit en wonder voor ek die laaste 2 sinne gelees het.
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
😀
Bruggie het gesê op Julie 8, 2013
agurkitert klink nuut/opwindend.
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
‘May you live in interesting times,’ sou Laatlam waarskynlik antwoord
ek-myself het gesê op Julie 9, 2013
Ek is mal oor aspersies. Veral vars
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
Ek sien daar is reeds varses in die winkels – en aarbeie! En hier sit ons nog in die middel van die winter…
Henry @kompethenry het gesê op Julie 9, 2013
Wat is ‘n agurkie? – dit klink na iets wat mens aanmekaarslaan mbv daai stink vismeellym…
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
Dis ‘n gherkin, Henry – en nou voel ek sommer beter omdat ek net omtrent 50% van jou slim grappe verstaan 🙂
Carol R @ Losbek het gesê op Julie 9, 2013
Nee o aarde, ek kan aan niks aakliger as ‘n agurkietert dink nie. Aspersietert is egter ‘n ander saak. Njamm!
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
‘n Vriendin maak ‘n heerlike gestolde tunatert met piekeluitjies. N a v Twaksak se voorstel, dink ek mens sou ‘n klompie agurkie-ringetjies daarby kon voeg…
Zeppie - @zephur het gesê op Julie 9, 2013
Ok wat van agurkie en aspersie saam…
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
Eeeuwww…
Rina Willemse het gesê op Julie 9, 2013
Ek het dadelik verstaan wat hy bedoel. Om die waarheid te sê, ek ruil gereeld name om.
Tannie Frannie het gesê op Julie 9, 2013
‘n Goeie begryper…
perdebytjie het gesê op Julie 12, 2013
Ekskuus Tannie Frannie,ek wil nou nie soos ‘n onderwyser klink nie,maar as jy ons antwoord,moet jy bv intik @perdebytjie,spasie en dan jou boodskap.Anders kry mens nie die boodskappe nie,behalwe as mens weer hier kom loer.
Tannie Frannie het gesê op Augustus 23, 2013
@perdebytjie Baie, baie dankie dat jy my gehelp het om behoorlik te ping!