Sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees
Junie 21, 2013 in Uncategorized
My week van dankbaarheid:
- Die perlemoenglans op ‘n hadida se flank
- Posduiwe op hulle uitgelate vlug oor die voorstad
- Die genadige motoris wat my toelaat om van baan te verwissel
- My wilde wit kat, wat my van ver af raaksien en oor die teer aangehardloop kom om uitbundig teen my hand te skuur
- ‘n Sms van my skoondogter, wat sê sy’s lief vir my
- ‘n Jong paartjie se warm naand-sê by die kerk
- Die reguit, opsommende blik van ‘n peuter en die manier waarop hy ‘n ertjie met duimpie en voorvingertije oppik om dit te verorber
Bruggie het gesê op Junie 21, 2013
Jy sien en geniet wyd, Frannie.
Tannie Frannie het gesê op Junie 23, 2013
Tja, Bruggie – die lewe is ‘n stryd – en ‘n voorreg!
rosiemetdorings het gesê op Junie 21, 2013
die klein dingetjies wat ons nie altyd opmerk nie, wat op die ou einde ons lewens verryk
Tannie Frannie het gesê op Junie 23, 2013
As ons hulle begin opnoem, raak die lys net al hoe langer.
tina10 het gesê op Junie 22, 2013
Jy laat my altyd glimlag
Tannie Frannie het gesê op Junie 23, 2013
Watter mooie kompliment – dankie, Tina
frik van eeden het gesê op Junie 22, 2013
@frandr
Klein goedjies kan mens se dag maak. Nou-die-dag wil-wil ‘n taxietjie voor my indruk en ek rem toe en wys vir die drywer om maar voor my in die baan in te val. Ek kry toe die witste, vriendelikste glimlag uit ‘n swart gesig terwyl hy met duim-in-die-lug voortsnel met sy passasiers. Daardie ry spierwit tande en duim-in-die-lug het my dag gemaak – al weet ek nie presies hoekom nie.
Tannie Frannie het gesê op Junie 23, 2013
Dis opvallend dat ‘n taxibestuurder, met wilde vaart en al, dikwels bereid is om op sy beurt weer vir ‘n ander motoris ‘n toegewing te maak 🙂
danie coetzee het gesê op Junie 23, 2013
Dankie, vir die wakkermaak om die klein dingetjies te waardeer en dankie te sê vir ons baie voorregte.
Tannie Frannie het gesê op Junie 23, 2013
🙂
Middelkind het gesê op Junie 24, 2013
Dis ‘n pragtige artikel Mams.
Tannie Frannie het gesê op Junie 25, 2013
Hei-jy, lekker om jou hier te sien!
perdebytjie het gesê op Junie 28, 2013
Mense soek altyd na groot dinge vir geluk.Eintlik is alles sommer hier naby en om jou!Dankie vir mooi stukkie!