Gedagtes by ‘n verjaarsdag
April 25, 2013 in Uncategorized
My Middelkind verjaar vandag. Ek gaan soek die klein boekie waarin sy ouma en ek sy kleintyd-gesegdes opgeteken het en volg die kronkelpaadjies van herinnering.
Hy was my ‘hoekom’-kind:
Hoekom is ‘n kat se snorre van plastiek?
Ons het gou besef dat hy met ‘n helder verstand geseën is:
As kleuter met ‘n boek onder die arm) Vandag wil ek leer lees!
(Graad 1) My juffrou sê ek moenie antwoord nie, die ander kinders moet leer.
(Graad 6) Ek lees Current in Space van Isaac Asimov, dan gee hulle vir my Strawberry Jam Pony.
Hy was slim met woorde:
Neewat, ek gaan sommer kaalvoet. Ek hou nie daarvan om skoenvoet te gaan nie.
Met ‘n digterlike siening:
(Oor ‘n gloeilampie) In die glasomhulsel van die lig lyk dit vir my soos ‘n mensie met ‘n manteltjie om.
‘n Lewendige verbeelding:
Die verkeerskonstabel het plastiek oor sy arms om die skeure in sy moue toe te hou. Sy mou het aan ‘n bumper vasgehaak.
‘n Gesonde selfbeeld:
(Ma vra hoe weet hy) Ek voorspel die wêreld.
‘n Formidabele humeur, wat gelukkig selde tot uitbarsting gekom het:
Wat ek nou in my kop sien, is kwáád.
Ek wil die ou wat huiswerk uitgedink het, in sy bek foeter.
Ek’t vir daai ou sy Moses gegee, wat hy kom soek het.
‘n Mensekenner:
(Hy soebat vir ‘n storie) Kan ek net by Ouma hoor? Ouma het eintlik nooit ‘n nee vir ‘n antwoord nie.
(Van sy sussie) Sy soek altyd ‘n wegkruipplekkie as sy hartseer is…Sy word hartseer van woorde.
Wat sukkel om die mense van Venus te verstaan:
(Nadat hy Rekenaarstudie aan sy sussie moes verduidelik) Ek sal nooit weet hoe werk julle vroumense se koppe nie. Ek het nou net gesien wat sy aan die wonderlike logiese struktuur van Pascal doen.
Vandag staan hy sy plek vierkantig vol as werker, man en pa. Maar in sy ma se hart is daar ‘n hoekie afgesper vir die klein seuntjie…
bruggie het gesê op April 25, 2013
Klink na n goeie produk gelewer.
Tannie Frannie het gesê op April 25, 2013
Dankie, Bruggie, ek dink ook so – maar glo my, hy is sy eie produk!
tina10 het gesê op April 25, 2013
Baie geluk! Ai mens se liefde vir spesiale kinders het geen grense nie.
Tannie Frannie het gesê op April 25, 2013
Ek het gedink jy sou diesulkes ken en liefhê, Tina.
Henry @kompethenry het gesê op April 25, 2013
Lekker as kinders nie dof is nie!
Tannie Frannie het gesê op April 25, 2013
Verseker!
rosiemetdorings het gesê op April 25, 2013
Ag baie geluk aan die ma. dis lekker om hulle so in hul volwasse hoedanigheid te beskou en dan die beeld van hul kleinwees in jou gedagtes op te roep.
Tannie Frannie het gesê op April 25, 2013
Tog te lekker wanneer hulle jou op uitstappies neem, soos wat jyself jare vantevore met hulle gemaak het.
exionperfexi het gesê op April 25, 2013
🙂
Tannie Frannie het gesê op April 25, 2013
Hei, Exi
perdebytjie het gesê op April 25, 2013
Ai,wonderlike herinneringe!Baie geluk,mag hy nog lank gespaar bly.
Tannie Frannie het gesê op April 25, 2013
Dankie Perdebytjie.
vega het gesê op April 25, 2013
Geluk. Ek geniet die oorspronklike sêgoed van sulke slim kinders en ons skoolsisteem is nie vir hulle die beste plek nie.
Tannie Frannie het gesê op April 25, 2013
Daardie kleinseun van jou wat sy ouma so mooi aanmoedig (‘well done, Ouma’ – te oulik!), is ook so ‘n enetjie…
danie coetzee het gesê op April 25, 2013
Wanneer jy die Duitsers hier gelukwens, sê baie van hulle dat hulle niks daarmee te doen het nie, jy moet die ouers gelukwens. Baie geluk dus, aan die ma van ´n besondere man.
Tannie Frannie het gesê op April 26, 2013
Watter sjarmante gelukwense, baie dankie.
ek-myself het gesê op April 26, 2013
Sjoe! Goed jy het al die dingetjies neergepen!!!! Geluk met sy verjaarsdag mag hy nog lank vir julle gespaar word!
Tannie Frannie het gesê op April 26, 2013
Dis te lekker om so te sit en lees.
berwick het gesê op April 29, 2013
🙂