‘n Kaapse draai (vir Tina, omdat sy gevra het)
Maart 22, 2013 in Uncategorized
Stuur die werk my toe verlede week Kaapstad toe, waar ek met ‘n gehuurde karretjie die Kaapse weë moet aandurf. Dit gaan goed, want ek het die eenvoudigste voertuig gevra – en die Kaapse motoriste is hoflik en verdraagsaam.
Twee en ‘n half dae lank werk ek, maak toe spore na my kinders en kleinkinders oor die naweek. Ons gaan dwaal op Babylonstoren rond – ‘n ongelooflike mooi ‘werkende plaas’, met asemrowende tuine.
Die ‘chip en die blok’…
Boomklim!
Daarna werk ek nog twee dae om die lekkerte te verdien. Ek is net oor een ding bitterlik spyt: ek was g’n eers náby die see nie…
Die Kaap is pragtig, maar toe ek aanstryk lughawe toe met ‘n stuk bagasie in elke hand en die wind waai my hare oor my gesig sodat ek skaars kan asemhaal, besef ek net weer: ‘n Pretorianer aard nie hier nie.
tina10 het gesê op Maart 22, 2013
Ag is dit nou nie gaaf nie. Pragtige foto’s ook…
Ek wonder of mens ooit die wind sal gewoond raak
Lekker naweek.
rosiemetdorings het gesê op Maart 22, 2013
@tina10
Die wind gewoond raak? NOOIT in der ewigheid nie
rosiemetdorings het gesê op Maart 22, 2013
nou die dag by padpredikant verby gery wat wat Babilonstoring aangedui het en gedink ek sal nog daar ‘n draai wil gaan maak.
die wind is helaas ‘n groot stoornis
Tannie Frannie het gesê op Maart 22, 2013
Jy moet regtig gaan, Rosie – daar’s ‘n restourantjie met die heerlikste kos en die vriendelikste kelners. As jy mooi kyk, sien jy dalk ook die groot uil wat in die hoë bome ‘n uiltjie geknip het :0)
monicahaddad het gesê op Maart 23, 2013
Dankie vir hierdie wenk, Definitief gaan ek Babilonstoren opsoek 🙂
maryna het gesê op Maart 23, 2013
Pragtige fotos!
Carol R @ Losbek het gesê op Maart 23, 2013
Die Kaap is inderdaad pragtig en die paaie sonder gate. Ek geniet ‘n vakansie in die Kaap, maar verkies om in Gauteng te woon.
perdebytjie het gesê op Maart 29, 2013
Dankie vir die stukkie lekkerte.Jou foto’s is te oulik.