‘n Wensie vir alle opvoeders
Januarie 6, 2013 in Uncategorized
Dis vir my interessant dat ‘n hele paar onderwysers asook bikers hier blog – twee spesies wat myns insiens albei adrenalienslawe is.
Met my hele hart wens ek elke opvoeder die allerbeste, mooiste skooljaar toe. Mag julle krag kry vir julle bomenslik veeleisende, belangrike werk en veel seën daarop ervaar.
tina10 het gesê op Januarie 6, 2013
‘amen’
tina10 het gesê op Januarie 6, 2013
Begin die Kaapse skole ook die week?
PIXIE het gesê op Januarie 6, 2013
Ek stem saam. Onderwys is ‘n roeping en ek haal my hoed af vir elke onderwyser in ons land wat ons kinders moet help vorm.
Carol R @ Losbek het gesê op Januarie 6, 2013
Baie dankie vir die mooi wense! Ja, ons onderwysers het julle gebede nodig ! Die taak word al hoe moeiliker!
[email protected] het gesê op Januarie 6, 2013
Die opvoeders verdien wraggies hierdie wense.
loudavisi het gesê op Januarie 6, 2013
Jy is darem dierbaar, Frannie!
Ek wens dieselfde wens vir al die onnies in SA.
(Ek is mos nie meer een van hulle nie)
katrina het gesê op Januarie 7, 2013
Dankie, Tannie Frannie!