2013 – ‘n jubeljaar
Desember 31, 2012 in Uncategorized
Die ou Israeliete het elke 50ste jaar tot ‘n jubeljaar uitgeroep. Dan moes die grond rus, vervreemde besittings weer aan die eienaar teruggegee word en skulde kwytgeskeld word, en lyfeienes is vrygestel. My woordeboek verduidelik verder dat dit by uitbreiding ‘n tydperk van rus en verademing is, vry van kommer. Watter mooie woord – verademing! Mag ons almal in 2013 diep asemhaal en dankbaar leef.
tina10 het gesê op Desember 31, 2012
Mooi soos altyd… dankie
Hoop jy het die allermooiste jaar!
Tannie Frannie het gesê op Desember 31, 2012
({ y })
loudavisi het gesê op Desember 31, 2012
Dankbaarheid in oorvloed.
Mag jy ‘n baie goeie jaar he!
xxx
Tannie Frannie het gesê op Desember 31, 2012
Dankie, Lou :0)
Lewies Mymer het gesê op Desember 31, 2012
‘n Tyd om tot besinning te kom–dit lê vir my voor in hierdie jaar wat beslis my jubeljaar gaan wees. Dankie–en mag jou jaar eweneens ‘n jubeljaar wees.
Tannie Frannie het gesê op Januarie 1, 2013
Ai, Lewies – aftrede is ‘n waterskeiding! Mag jy en joune net vreugde beleef.
rosiemetdorings het gesê op Desember 31, 2012
‘n oorvloed van voorspoed vir jou!
Daar is lieflike woorde in ons taal wat net nie meer in gebruik is nie
Tannie Frannie het gesê op Januarie 1, 2013
So af en toe moet ons hulle maar afstof, ne Rosie.
[email protected] het gesê op Desember 31, 2012
Dié mooi woorde laat my opnuut uitsien na 2013. Beste wense vit jou ook.
Tannie Frannie het gesê op Januarie 1, 2013
Ek haal my hoed onvoorwaardelik vir jou af!
[email protected] het gesê op Januarie 2, 2013
Ek bloos nou sommer.