2013 – ‘n jubeljaar

Desember 31, 2012 in Uncategorized

Die ou Israeliete het elke 50ste jaar tot ‘n jubeljaar uitgeroep. Dan moes die grond rus, vervreemde besittings weer aan die eienaar teruggegee word en skulde kwytgeskeld word, en lyfeienes is vrygestel. My woordeboek verduidelik verder dat dit by uitbreiding ‘n tydperk van rus en verademing is, vry van kommer. Watter mooie woord – verademing! Mag ons almal in 2013 diep asemhaal en dankbaar leef.

11 antwoorde op 2013 – ‘n jubeljaar

  1. tina10 het gesê op Desember 31, 2012

    Mooi soos altyd… dankie
    Hoop jy het die allermooiste jaar!

  2. Dankbaarheid in oorvloed.
    Mag jy ‘n baie goeie jaar he!
    xxx

  3. ‘n Tyd om tot besinning te kom–dit lê vir my voor in hierdie jaar wat beslis my jubeljaar gaan wees. Dankie–en mag jou jaar eweneens ‘n jubeljaar wees.

  4. ‘n oorvloed van voorspoed vir jou!
    Daar is lieflike woorde in ons taal wat net nie meer in gebruik is nie

  5. Dié mooi woorde laat my opnuut uitsien na 2013. Beste wense vit jou ook.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.