‘n Geseënde Kersfees
Desember 27, 2012 in Uncategorized
Vanoggend het my seun en sy gesin begin terugry Kaapstad toe, nadat ons vyf salige, besige dae saam kon deurbring. My huisie is verskriklik stil.
Watter voorreg om ‘n kersboompie te hê wat deur my kleindogter se slim vingertjies versier is! Hoe lekker om ‘n splinternuwe skets op my yskasdeur te hê, geteken deur my dromer van ‘n kleinseun: onmiskenbaar ouma, bril op die neus, met ‘n breë glimlag, haar twee kosbare kleinkinders aan weerskante van haar en bokant hulle ‘n son wat helder skyn en vrolike wolkies…
‘n Droom het waar geword: my kleinkinders aan die speel by die donkietjie wat in die vlakwatertjies lê by die Lynnbridge-winkelsentrum.
exionperfexi het gesê op Desember 27, 2012
🙂
tina10 het gesê op Desember 27, 2012
Is dit ‘n regte egte donkie!
Ek bly jy het die kuiertjie geniet
Tannie Frannie het gesê op Desember 27, 2012
Nee, dis ‘n pragtige standbeeld – sy ore glim so gouerig in die son. Daar’s nog ‘n ander donkiestandbeeld ook, met ‘n vrouefiguur op sy rug, waarop die kinders ook graag klim. Dis regtig ‘n baie mooi sentrum, dis ook waar die Atterbury-teater is.
loudavisi het gesê op Desember 27, 2012
Ek tjank sommer van blygyt vir jou part.
xx
monicahaddad het gesê op Desember 27, 2012
My huis is ook vol, dis lekker nê!
rosiemetdorings het gesê op Desember 27, 2012
Ag hoe lekker klink die kuiertjie
Carol R @ Losbek het gesê op Desember 28, 2012
Ek is bly jy het so ‘n lekker Kerstyd met die familie gehad. Ja, mens se huis kan ” depressing” stil wees na soveel lewe!