Blog-uitdaging – die ete
November 24, 2012 in Uncategorized
Tien uit tien vir Adage! Wens ek het tyd gehad om met prentjies te werk (en ek kies daai werkwoord doelbewus!!) maar dis groot paniek oor die spertyd wat Maandag oor my gaan breek…
Ek het lus vir briljante geselskap, baie wyn, kwinkslae en musiek, dus nooi ek: Nataniel, Rian van Heerden, Andre Huguenet, Johnny Clegg (wat asb. moet sing vir sy sopper) en les bes, Koning Dawid (hy moet asb. sy harp bring).
Die volgende bloggers is baie welkom: Katrina, Jana, Jeanne, Modderkoekie en Tina.
Ai, watter aand sou dit nou wees!
tina10 het gesê op November 24, 2012
‘n paar GROOT egos wat jy hier beet het – wens mens kan afsonderlik met elk tyd deurbring!
Welgedaan
Tannie Frannie het gesê op November 24, 2012
Janee, dit gaan raserig wees ;0)
katrina het gesê op November 24, 2012
Jippie, ek is ook genooi! Kan ek tussen Nataniel en Johnny Clegg sit? 🙂
Tannie Frannie het gesê op November 24, 2012
Maar alte seker – ek is so bly jy kan kom
adage het gesê op November 24, 2012
Gelukkig kook ek nie self nie
🙂
Tannie Frannie het gesê op November 26, 2012
Janee, mens wil op jou beste voel, nie skoon verlep van al die schlepp voor die stoof nie!
Carol R @ Losbek het gesê op November 24, 2012
Jy nooi ‘n klomp groot geeste. Sou interessant wees as dit kom realiseer!
Tannie Frannie het gesê op November 26, 2012
Dis lekker om te droom…
modderkoekie het gesê op November 24, 2012
Baie dankie vir die uitnodiging Tannie Frannie, dit is beslis interresante geselskap. Hopelik sing Johnny ja..en hopelik vlieg Rian en Nataniel nie aanmekaar nie. Tina is reg oor die groot egos onder een dak 😉
Tannie Frannie het gesê op November 26, 2012
Aaa, maar dink net hoe goed hulle mekaar sou slegsê!
rosiemetdorings het gesê op November 24, 2012
Dis lekker om so af en toe ‘n bietjie fantasie uit te dink. Sterkte met daardie sperdatum – my senuwee sou dit lankal nie meer gehou het as ek aan so iets verbonde was
Tannie Frannie het gesê op November 26, 2012
Ek het toe vanoggend mooi gaan plies eksplein hoekom ek dit nie gemaak het nie…Die spanning duur voort :0(