Mensig, maar ek sokkel!

Oktober 23, 2012 in Uncategorized

Dis heerlik om julle almal te sien en ek wil so graag kuierrr, maar uit vyf pogings om op die regte plek uit te kom, slaag net een…:0(

17 antwoorde op Mensig, maar ek sokkel!

  1. join the club.
    tot dus ver gaan die blogs omtrent net oor almal wat sukkel en sweet om op dreef te kom – meer sukkel as vorder

  2. Welkom Welkom… jy is een van die wat ek gemis het

  3. Jy is gelukkig om darem te kan blog. Ek is nou onder my regte naam hier, hoe hulle dit weet, weet ek nie, maar dit maak nie saak nie, maar ek kan glad nie blog nie, want my passwoord (wat is dit in Afrikaans) is of nie reg nie of my naam is nie reg nie en skynbaar wil/kan niemand my help nie. Moet almal ook hierdie CAPTCHA kode invul om kommentaar te lewer?

    • Jong, jy vra mos nou die verkeerde een! Sover ek kon agterkom, word mens se gebruikersnaam outomaties jou blognaam, maar net totdat jy dit self weer verander. Password = wagwoord. Ek vul maar ewe gedwee daai kode in, want dan kan ek darem gesels. Ek weet nie wie jy in blogland is nie, maar jy’s baie welkom hierso.

  4. katrina het gesê op Oktober 24, 2012

    Hierdie is omtrent ‘n obstacle course of ses! Maar ons sal een of ander tyd regkom, hoop ek. Dis nou net ‘n kwessie van vasbyt en vriende maak om mekaar op so ‘n manier weer in die hande te kry.

  5. Hou net aan probeer en rondspeel met al die funksies en knoppies…die sokkel sal makliker word

  6. Jy sal nog regkom, mens moet maar net rondspeel.

  7. Ja nee, maak geen fout nie! Dan is daar sokke venstertjies wat sê Wat’s nuut Lewies? Alles demmit! ‘n Ander een sê Wys alles! Guh, wys eers joune!

  8. AS dit nie vir my seun was wat nou hier is nie weet ek ok nie…..

  9. Hou moed,jy sal regkom.Ek het gister meer as ‘n uur lank gesukkel om ‘n blog met foto’s te skep..twee keer per ongeluk alles uitgevee!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.