‘n Vinnige prekie op ‘n Vrydagaand
Oktober 12, 2012 in Sonder kategorie
Wees lief vir jou goeie man – jy besef glad nie in watter mate hy jou lewe makliker maak nie.
Wees bly as jy nog kinders in die huis het – eendag gaan hulle weg en dan is dit baie stil.
Moet NOOIT iemand groet met ‘En hoe gaan dit met die ou tannie?’ NIE – dis ‘n boertige ding om te doen!
Gmf – en dit nogal op ‘n dag toe ek gedink het ek lyk nie te sleg nie…
loudavisi het gesĂȘ op Oktober 12, 2012
Eergister MOES al die onnies in ons kring na ‘n motiveringspraatjie gaan luister.
Die hoof van alle hoofde in die onderwys het gese dat:
Die enigste eerlike gesprek kan net met jouself gevoer word.
Toe dog ek hy lieg lekker, want as ek in die spieel kyk, dink ek: Aha! Stunning!
Maar in die meantime weet ek wat ek weet…sien jy?
đ
frandr het gesĂȘ op Oktober 12, 2012
Ja’k – ek sien, Lou – ek sien…
Perdebytjie het gesĂȘ op Oktober 12, 2012
Ouderdom maak mens bysiende en dan sien mens ook nie hoe jy regtig lyk nie,maar ‘n foto lieg nooit.Ek skrik my elke keer vrek as ek myself op ‘n foto sien!
Hoe mens binne voel,is egter al wat tel..jonk van gees,positief en met tegnologie min of meer onder die knie..of hoe,Tannie frann?
rosiemetdorings het gesĂȘ op Oktober 12, 2012
Maar dis mos nie te sĂȘ dat die ou tannie sleg gelyk het nie (ek sal dit ook nie graag wil hoor nie)
katrina het gesĂȘ op Oktober 12, 2012
Goeie woord, daai boertige. Hier in KZN ly mense glad nie daaraan nie, maar doer in die ou Transvaal is dit ‘n ander saak. Wens mense wil hulle kinders leer van Meneer en Mevrou, of dame đ
bloukaap het gesĂȘ op Oktober 12, 2012
Lou, ek dink so daaraan, ek en jy het al gesupper en gebrekfis, en al wat ek gesien het was mooi, baie mooi, jy die mooie mens. jip, ek onthou. alles. selfs van toe ek nie die sluier uit die sluier kon lig nie. hel sister, om te dink dit is ook alweer jare terug.
loudavisi het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Dis nou amper 4 jaar gelede, Twakman…
(Dankie
((bloos net so effens))
TS het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Ek het ‘n jong vriendin wat hier ingewaai kom en dan dit sĂȘ… eish … ek gee nie om as ek so lyk nie maar ek is jaloers op my onafhanklikheid … sy is baie lief om my te wil organiseer. Sy bedoel dit egter goed…
smella het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
“wees lief vir jou goeie man” – net sodat dit crash, boom bang in jou gesig ontplof – en hy jou lewe hel op aarde maak!
HeavyHenry het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Bwhaahahaha!
pasella het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Boertig, nice woord, een van my gunstelinge,.
frandr het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Dis hoekom ek die bepaler ‘goeie’ daar bygesit het…
frandr het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Daardie woordjie ‘ou’ het mos ten minste twee betekenisnuanses. Ek is seker jou vriendin gebruik dit om haar toegeneĂ«ntheid teenoor jou uit te spreek.
frandr het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Hi Henry :0)
frandr het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Daardie stryd lyk my gaan nooit gewen word nie, daar is te veel kinders wat geleer word om ‘tannie’ te sĂȘ as ‘n teken van respek. Ek het nou (gelukkig) al met die ‘tannie’ vrede gemaak, maar ai – daardie ‘ou’, daarteen sal ek bly baklei!
frandr het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Dankie vir die meelewing, Rosie.
frandr het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Ja, ek stem! Al lyk my nuwe paspoortfoto soos diĂ© van ‘n verwese vlugteling…
frandr het gesĂȘ op Oktober 13, 2012
Dis so ‘n beleefde manier om te skel, nĂš Lewies.
Carol460 het gesĂȘ op Oktober 14, 2012
Ja wragtag! Eish ! xxxx
avega het gesĂȘ op Oktober 14, 2012
In Kathu sĂȘ almal Tannie al is hulle grys en jy nie.
ludwig.heuer het gesĂȘ op Oktober 16, 2012
Hoezit my Dolla … Jammer kon dit nie weerstaan nie…
frandr het gesĂȘ op Oktober 16, 2012
Bwahahahaaa…ek laaik van die Dolla! Dit hoes lekker, dankie.
I-like-silly het gesĂȘ op Oktober 17, 2012
Tannie is gelukkig om ‘n goeie man te he!!
frandr het gesĂȘ op Oktober 17, 2012
Ai, ILS – ek wens dit was so, maar dis ongelukkig nie die geval nie.
madhatter het gesĂȘ op Oktober 31, 2012
Boertig. Baie goed. My man is engels en die kinders het gelukkig meeste mense Mr/Mrs So and so genoem.
Laat waai met die skrywery. Jy sokkel seker nie meer nie.