Jy blaai in die argief vir 2012 Oktober.

Mensig, maar ek sokkel!

Oktober 23, 2012 in Uncategorized

Dis heerlik om julle almal te sien en ek wil so graag kuierrr, maar uit vyf pogings om op die regte plek uit te kom, slaag net een…:0(

‘n Vinnige prekie op ‘n Vrydagaand

Oktober 12, 2012 in Sonder kategorie

Wees lief vir jou goeie man – jy besef glad nie in watter mate hy jou lewe makliker maak nie.

Wees bly as jy nog kinders in die huis het – eendag gaan hulle weg en dan is dit baie stil.

Moet NOOIT iemand groet met ‘En hoe gaan dit met die ou tannie?’ NIE – dis ‘n boertige ding om te doen!

Gmf – en dit nogal op ‘n dag toe ek gedink het ek lyk nie te sleg nie…