Mabalingwe

September 25, 2012 in Sonder kategorie

‘n Plas buffels lê onder ‘n boom reg langs die pad, met hulle prehistoriese horings wat na alle kante toe bokant die ronde skowwe uitsteek. Een ou sien ek reg van voor: die groot ronde smoel, die nou, beduiwelde ogies, die bek wat heen en weer maal soos wat hy herkou.

 

Ons kom op ‘n klompie jong kameelperde af, lig van kleur, miniatuurweergawetjies wat heerlik aan lenteblaartjies peusel, met een dapper ondernemende wat knarsend droë peule verorber.

 

In die dam lê die seekoeie soos klippe en verras ons so nou en dan met hulle oulike oortjies en potsierlike bekke.

 

Rooi hartbeeste galop vinnig weg en ‘n jakkalsie draf al met die pad langs voor ons uit.

 

‘n Harempie koedoes staan doodstil, hulle lieflike ore soos skulpe teen die lig.

 

Drie kwêvoëls sit in die top van ‘n boom asof hulle daar gerangskik is.

 

Die son gaan bloedrooi onder agter ‘n droë boompie wat hom presies in die helfte verdeel.

 

Ons drink verskriklik baie wyn en eet die heerlikste kos.

 

Ek slaap vaster en langer as nog ooit hierdie hele jaar. Eers die laaste oggend word ek vroeg wakker en sien hoe die sagte sonlig die lae glooiings ligroos verf.

 

As die fikse, frenetiese stappers die pad vat, piekel ek so ‘n entjie saam, gee dan bes en slenter rustig terug huis toe – gaan sit halfpad op ‘n klip en gee nie eens om dat ek so joeslis is nie.

 

Vanaand verlang ek na die tuin van Eden…

 

 

16 antwoorde op Mabalingwe

  1. Mooi geskryf en aangename ruskans.

  2. Ag dis mooi geskryf..ek hou van die”plas” buffels en die “harempie”koedoes!Dis heerlik om hier te lees!

  3. `n “plas” buffels…NICE!(-;

  4. Klink heerlik. Een ding van spesiale ervarings is dat die herinneringe net mooier word en nie verflou nie.

  5. TS het gesê op September 26, 2012

    Aha… lekker gooi jy die woorde!
    Wanneer gaan ons? (Weer?)

  6. Ek kon alles sien, ruik en beleef so goed is hierdie geskryf!

  7. Padkos vir die siel!

  8. Uitstekend. Jy’s defnitief nie joeslis as dit by skryf kom nie.

  9. Ek het die stuk langs jou blog geniet. Ook waar jy aanhaal:

    Had ek motorfiets gery, was my naam:”Ol’Momma of the Hungry Horses.”

  10. Like die joeslis!

  11. frandr het gesê op September 26, 2012

    Dit was ‘n programmetjie wat my oudste seun laaank gelede vir my gestuur het – jy antwoord ‘n klompie vrae en dan kry jy jou ‘biker name’.

  12. frandr het gesê op September 26, 2012

    :0) Baie, baie geluk met die wonderlike herdenking more!!

  13. Klink heerlik ! 🙂

  14. ek dink ek is due vir ‘n vakansie na ek die gelees het

  15. Sug ! Ja! XXXX

  16. Baie pragtige stukkie beskrywende prosa.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.