Snap, crackle, pop
September 2, 2012 in Sonder kategorie
Net wanneer ek dink dat ek darem nou ‘n mate van sofistikasie bereik het, word ek wreed na die werklikheid teruggeruk.
Ek bly in ‘n lieflike gastehuis, ‘n ou herehuis, vol antieke meubels, vars blomme en sorgsaamheid. In die ontbytkamer begroet die gasheer my asof ek ‘n koninklike is. Hy’s ‘n mooie Suid-Afrikaanse Engelsman, dalk ‘n afstammeling van die Settlaars?
Ek gaan skep vir my Rice Krispies in, skink melk daarby, sit die lepel reg om te begin eet. Met die gaan sit, tref ek daai lepel dat jy net sien graankos waai – oor die tafel, op my mou, op die vloer…
Die kameraadskaplike drukkie wat die arme vroutjie wat die gemors moes kom opruim, my gegee het, het effens gehelp. Maar ek dink nie ek sal ooit weer daardie gepofte ryskorreltjies sien sonder om innerlik ineen te krimp nie…
rosiemetdorings het gesê op September 2, 2012
Dit sal met my ook kan gebeur!
Eergister die stoel totaal mis gesit in die tandarts se ontvangslokaal!
Twaksak het gesê op September 2, 2012
Hehe. Dit gebeur.
TS het gesê op September 2, 2012
Oeps… sorry…
HeavyHenry het gesê op September 2, 2012
Bwhaahahaha!
Dit gebeur maar – en hoe meer upstairs mens probeer wees, hoe erger word dit!
Joanna Graham het gesê op September 2, 2012
Ek dink Koningin Elizabeht het ook al haar Rice Crispies (of wat sy ookal eet) so laat spat. Dis ‘n teken dat jy mens is – niks meer nie. Ek hoop jy het die lieflike gastehuis ten volle geniet ten spyte van die blaps. Dit se niks van wie jy is nie. (‘n talentvolle vrou, tussen hakies, soos ons weet…)
avega het gesê op September 2, 2012
Onthou jy daai ou ronde plastiektamaties met tamatiesous in? My pa het eendag met grand mense gaan uiteet toe druk hy daai tamatie per ongeluk dat die tamatiesous oor sy gasheer spuit. Daai verleentheid los mens nooit nie 🙂
Ientjie het gesê op September 2, 2012
Oh no!! Dis erg.
Ientjie het gesê op September 2, 2012
Dit bring mens nogal terug na die werklikheid. Ongelukkies gebeur maar met elkeen. Hoop die verdere bly het niks verdere onplesierheid opgelewer!
rosiemetdorings het gesê op September 3, 2012
🙂 net my ego’tjie wat ‘n duik gekry het.
Perdebytjie het gesê op September 3, 2012
dankie tannie frann,dis baie gaaf,maar die skakel wys nie op my privaat boodskap nie.Kan jy asb dit weer stuur?Ek probeer jou daar antwoord,maar dit gooi net “error”
Perdebytjie het gesê op September 3, 2012
Ag dit gebeur met almal.Nou die dag by ‘n krieketwedstryd het die ou agter ons vier biere wat in plastiekglase was,op manlief se rug laat val!Ons het maar gespot en gesê hy moet die hemp uitsuig sodat hy waarde vir sy geld kry!
I-like-silly het gesê op September 4, 2012
*grin*
Madhatter het gesê op September 4, 2012
Maak vrede. Ek wou ook nog eendag iet met die vurk steek en daaaar trek dit oor die vloer…..