Bachelorette’s

Julie 27, 2012 in Sonder kategorie

Iewers in die ooste van Pretoria is my Amper-Dogter op hierdie heden ogemblik aan die bedel.

 

Sy dra pienk leggings, grys wolkouse en blou crocs wat omtrent drie nommers te groot is. Verder ‘n los, ligblou pijamatop, ‘n swart kortbroekie, ‘n skelpienk voorskoot, ‘n veelkleurige plastiekblomstring en ‘n wit veiltjie wat aan ‘n blink tiara met ‘n pienk fuzzy-wuzzy alice band vas is. Sy dra ‘n hele paar ronde knope met boodskappies soos Bride to Be op; ook ‘n groot plakkaat wat verduidelik dat sy op troue staan en kan doen met ‘n bietjie geld. Aan die een armpie hang boeie, ook met pienk fuzzy-wuzzy oorgetrek. Maar die toppunt is die hooftooiseltjie wat haar vriendinne vanmiddag by Poison aangeskaf het – met liggies in. Ek hoop maar die mense dink dis net horinkies…

 

Watter aand! Op die boonste verdieping van Isabella’s, met spieëls en kandelare, swart en silwer mure, swart en wit vloere, kuier ek en my Amper-Skoonsus tussen die klompie pragtige jong vroue wat elkeen hasie-ore en ‘n parmantige wit stertjie dra, met ‘n fluitjie om die nek wat oorverdowend geblaas word ter applous. Ek verkyk my aan hoe mooi hulle is, verstom my aan die borrelende energie.

 

Ek moet sê die hele okkasie is ‘n aansienlike verbetering op die tradisionele kombuistee!

 

 

29 antwoorde op Bachelorette’s

  1. Dis nou kreatief!
    🙂

  2. Ientjie het gesĂȘ op Julie 28, 2012

    Dit klink vir my n belewenis! Sal goed glo die jongeres het ander idees

  3. loudavisi het gesĂȘ op Julie 28, 2012

    Dinge verander deesdae vinniger, Frann.
    Ek hou daarvan!

  4. dit klink na vet pret

  5. louisna het gesĂȘ op Julie 28, 2012

    Gelukkig is dit net suiwer sports.

  6. TS het gesĂȘ op Julie 28, 2012

    Bly julle het dit geniet

  7. avega het gesĂȘ op Julie 28, 2012

    Dis lekker dat sy mense het wat vir haar omgee en haar laat spesiaal voel, al is dit ten koste van haar ‘waardigheid’. Dis gewoonlik groot fun.

  8. lora2me het gesĂȘ op Julie 28, 2012

    Ek hoop sy kom huis toe met ‘n sak vol geld … vir die troue se uitgawes natuurlik! 🙂

  9. HeavyHenry het gesĂȘ op Julie 28, 2012

    Different!

  10. Geitjie1 het gesĂȘ op Julie 28, 2012

    So het kombuistee’s inderdaad baie verander……………

  11. sirpsa het gesĂȘ op Julie 29, 2012

    Die hasie-ore en -stertjie het eintlik maar net die voorskoot vervang.

  12. Geitjie1 het gesĂȘ op Julie 31, 2012

    Dis BAIE anders Aspris, met gloeiende plastiek replika’s van die kroonjuwele vir ‘n kroon op die kop en dies meer, is dit beslis nie meer soos kombuistee’s nie!

  13. endlich het gesĂȘ op Julie 31, 2012

    Klink of sy dit geniet het. Ek is bly ek het die era vrygespring – helemal te inkennig daarvoor. Het dan nie eers ‘n kousband op my troue gegooi nie!

  14. lilaubscher het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Ha ha! Myne was nou die dag – het my doodgestres vooraf, maar die girls het my darem nie verrinneweer nie.

  15. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Dis so ‘n wonderlike tyd in ‘n mens se lewe – geniet dit en die mooiste wense vir julle!

  16. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Jong, by my dogter se troue in die VSA moes die jongman wat die kousband gevang het, dit ewe mooitjies aan die meisie wat die ruiker gevang het se been sit! Dit was vir jou ‘n petalje…

  17. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Mmm – ek dink tog die hasie-ding is meer pret en minder werk ;0)

  18. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Haha, jy is ‘n slimme geitjie…

  19. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    :0)

  20. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Ek wil nie vra nie – maar ek dink hulle het meer gepaartie as wat daar gebedel is. Op ‘n stadium het hulle glo by ‘n “Christmas in July” beland en haar vriendin se motortjie was vol poystyrene-sneeu.

  21. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Ek kon sien my Amper-Dogter geniet dit.

  22. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Dankie, Tina! Ek sal julle kom vertel van die troue ook.

  23. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Janee, Ouboet – daaroor is mens baie dankbaar.

  24. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Dit was! Dis so ‘n besonderse tyd in die lewe van almal wat aan ‘n troue deel het.

  25. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Ek ook, Lou – ek ook :0)

  26. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Hoe ouer ek word, hoe meer geniet ek jongmense se geselskap – dis asof hulle my help om die kilte van die ouderdom te besweer.

  27. frandr het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Hierdie Saterdag is dit die manne se beurt – maar daaroor blog ek g’n.

  28. sirpsa het gesĂȘ op Augustus 2, 2012

    Ek hoor jou, maar vir my is die hasie-ding net nog ‘n vorm van onderdrukking. Van kaalvoet en swanger in die kombuis na seksobjek. Die assosiasie met daardie playboy girls wat die manne so moet please is vir my net te sterk.

  29. endlich het gesĂȘ op Augustus 3, 2012

    hehe, lekker sports

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.