Lekker verjaar, ou maat…

Julie 3, 2012 in Sonder kategorie

Dit was gister vir die hoeveelste keer my verjaarsdag. Ek wou dit onder die radar hou. Toe kom Kedi wat verder af in die gang werk, met ‘n wye glimlag vir my ‘n drukkie gee. Daarom gaan koop ek miniatuur-kolwyntjies en deel hulle so met die gang af uit.

 

Ek kry die gewone wense van die gewone groepie familie, vriende en kennisse en maak nie saak hoe mooi hulle woorde is nie, ek bly maar bedruk…My pa, my skoonpa en my skoonma het nie een so oud geword soos ek vandag is nie.

 

Soos wat die werksdag aanstap, raak ek skoon paniekerig. Dit sal my leer om nie te beplan nie! Omdat ek nie vooruit gedink het nie, gaan ek vanaand by die huis op ‘n wanhoopsvlakte beland. Gelukkig bel Laatlam en nooi my om saam met hom en my amper-dogter te gaan eet.

 

Dit word ‘n gesellige aand, met skemerkelkies, wyn en lekker kos. So baie mense wat die blou Maandag met uit-eet besweer! Die verjaarsdag is hokgeslaan.

 

Vanaand terwyl ek huis toe ry, klim die groot goue maan teen die horison uit. Soveel kere het daardie maan my al met sy skoonheid verstom…hoeveel kere lê daar nog voor?

30 antwoorde op Lekker verjaar, ou maat…

  1. jr_ewing het gesê op Julie 3, 2012

    genade. dis ‘n mooi inskrywing. moet nie wonder oor die mane nie. hulle sal vir hulself sorg net soos die liewe mooiheid van die lewe vir jou sal sorg.

  2. jr_ewing het gesê op Julie 3, 2012

    o ja. en veels geluk. net meer as wat genoeg is, want te veel is te veel.

  3. baie geluk . voor ons so oud word dat ons met mekaar moet simpatiseer oor die oudword .

  4. Ientjie het gesê op Julie 3, 2012

    Geluk met verjaarsdag , mens kan nie tyd stop nie, jare stap aan. Bly jy het nie in n hopie gaan sit en niks doen die aand. Wys jou kinders gee tog om

  5. avega het gesê op Julie 3, 2012

    Baie geluk! Wonderlik om mense te hê wat dit saam met jou kan vier.

  6. loudavisi het gesê op Julie 4, 2012

    Geluk liewe Frannie, oohom dat jy verjaar
    (Sing)

    Dankbaar dat jou dag toe goed uitgeddraai het

    xx

  7. Chopstix het gesê op Julie 4, 2012

    Hêppie Birthday!

  8. Madhatter het gesê op Julie 4, 2012

    Baie, baie geluk. Mag vrede, voorspoed en liefde jou pad besaai. 🙂

  9. Spesiaal om op volmaan te verjaar. Wonderlike jaar vir jou.

  10. ‘n Belated wish!!! Mag die jaar groot wees en al jou verwagting oortref.

  11. HeavyHenry het gesê op Julie 4, 2012

    Ag geluk daar – klink of dit toe in elk geval lekker was!

  12. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Dankie, Anha. Dis ‘n slim, verstandige couple daardie, want dit werk regtig!

  13. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Ek gaan hierdie mooi en goeie raad iewers neerskryf sodat ek dit dikwels raaksien.

  14. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Heheheh – lees ek vandag ‘n e-posgrappie oor ‘n baie ou paartjie wat gaan trou en beplan om hulle geskenkelys by die apteek uit te kies :0)

  15. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Nooit, ooit weer gaan ek daai verjaarsdag binne sonder om iets te reel nie!

  16. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Dankie, Vega – dis inderdaad wonderlik.

  17. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Ek het gehoor hoe sing jy daardie “oohom” – kostelik, dankie Lou!

  18. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Tjoklits! Hoe het jy geweet…?

  19. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Dankie, Chopstix!

  20. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Dankie vir die lieflike pad wat jy my toewens!

  21. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Die jaar het goed begin – en ek was darem nie met daardie maan gepla nie ;0)

  22. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Dankie, liewe MK!

  23. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Oe, dit sou baie lekker wees – ek waardeer jou wens!

  24. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Dit was, ja – ‘no thanks to me!’ Volgende jaar doen ek beter.

  25. Ientjie het gesê op Julie 4, 2012

    Mens kan maar een keer n jaar n ietsie vir jouself reel!

  26. Carol460 het gesê op Julie 5, 2012

    Baie geluk ! Wraggies, ek hou ook nie van verjaar nie ! Ek wil soos ‘n sku dier gaan wegkruip in die skaduwees….

  27. frandr het gesê op Julie 5, 2012

    Dankie, Caro. Jy’s nog heeltemal te jonk om te wil wegkruip vir ‘n verjaarsdag!

  28. Hoop jy het lekker verjaar.Ek is alweer ‘n week laat.Sukkel met my internet.Dis seker die sonstorms waarvan hulle praat!

  29. Ek-Myself het gesê op Julie 10, 2012

    Happy late bday anti frann!
    mag dit ‘n mooi jaar wees en die maan jou nog vele male verstom met sy skoonheid!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.