Tshwane het ‘n streep weg
Mei 11, 2012 in Sonder kategorie
Is dit net ek, of beleef ander Pretorianers ook die rooi strepe deur die ou vertroude straatname as ietwat leedvermakerig?
Mei 11, 2012 in Sonder kategorie
Is dit net ek, of beleef ander Pretorianers ook die rooi strepe deur die ou vertroude straatname as ietwat leedvermakerig?
louisna het gesê op Mei 11, 2012
Swak. Hulle probeer die geskiedenis uitwis, maar dit is onmoontlik.
Unicorn007 het gesê op Mei 11, 2012
mmmm…dis soos om n streep te trek deur die r in Proesstraat in pretoria.
Neffertiti het gesê op Mei 11, 2012
Tshwane maak moleste.
monicahaddad het gesê op Mei 11, 2012
Gelukkig hoef ek dit nie te sien nie….
loudavisi het gesê op Mei 11, 2012
Jammer dat julle dit moet aanskou
Voel my ook leedvermaak is die ding.
Loergaatjie het gesê op Mei 11, 2012
Voel moa vir my ook so !
Joanna Graham het gesê op Mei 11, 2012
O ja – maar ons het darem die naam Pretoria behou! Is dit waarom sekere mense dit nodig vind om so leedvermakerig te wees?
sirpsa het gesê op Mei 11, 2012
My skoonpa vertel dat Rhodeslaan in Lyttelton net na Republiekwording oornag Hans Strydomlaan geword het. Nog later het die destydse Lyttelton Verwoerdburg geword. Maar ek glo darem nie daar was rooi strepe betrokke nie 🙂
sirpsa het gesê op Mei 11, 2012
Dalk is dit nie so ‘n slegte idee om die ou name vir eers daar te los nie, al is dit met rooi strepe deur. Kan jy jou indink as jy ‘n plek met behulp van ou padaanwysings moet soek en al wat daar is is die vreemde, nuwe name?
Ientjie het gesê op Mei 11, 2012
Gladnie snaaks nie! Gelukkig hoef ek nie meer daaroor te bekommer nie! Interessant ook met die verandering van Jan Smuts Lughawe van Internasionaal na O Thambo. Dit het gebeur terwyl ek staan en kyk na aanwysing om lughawe toe te gaan. In n oogwink was die naam verander. (Bly nog steeds Jan Smuts Lughawe, Selfs Jhb Internasionaal was nog aanvaarbaar)
Madhatter het gesê op Mei 17, 2012
My GPS gaan nou verdwaal!