Paasfees 2012

April 8, 2012 in Sonder kategorie

 

Donderdagaand sit ons aan by die Nagmaaltafel, met ongesuurde brood en erdekelke. Ons herdenk die “laaste avondmaal” en daardie gelade ure voor Jesus gevange geneem word. Die nag is vol wolke, afgeëts in die maanlig.

 

Vrydagoggend staan ek op ‘n afstand, so ver as moontlik weg van die verskrikking van die kruis af. In die grootste paradoks van die Christelike geloof word ‘n vernederende marteltuig die simbool van Hoop vir die mensdom.

 

Sondagoggend jubel die orrel – en my hart. Die Heer het opgestaan – die Heer het waarlik opgestaan!

 

Hoe gun ek elkeen hierdie innige vreugde, die moed vir die lewe wat my geloof my gee!

 

23 antwoorde op Paasfees 2012

  1. lora2me het gesê op April 8, 2012

    Dis eintlik ‘n baie emosionele tydperk vir Christengelowiges, ja.

  2. TS het gesê op April 8, 2012

    Vrede vir jou

  3. loudavisi het gesê op April 8, 2012

    Nog duisende sterre vir hierdie skrywe!
    xxx

  4. Ou-Top het gesê op April 8, 2012

    Dit is die kern van ons christine se geloof: dat hy opgestaan het uit die dode. Geen ander geloof se gode het opgestaan nie, gesterf ja, maar nooit weer opgestaan met die belofte dat hy weer sal kom nie.

  5. Ek jubel saam met jou!

  6. Vanoggend was ons kerkdiens ook ‘n ware jubelfees.

  7. Ientjie het gesê op April 8, 2012

    Pragtig beskryf! Mis die Afrikaanse taal in die kerk!

  8. frandr het gesê op April 9, 2012

    Ek kan net dink hoe baie jy dit mis. Self sal ek moeilik by ‘n anderstalige kerk kan aanpas.

  9. Ientjie het gesê op April 9, 2012

    Het uitgevind dat 1 keer n maand n afrikaanse “kerk” hier waar ek bly gehou word. Hul kom glo van anderkant die berg om dit hier te doen. Sal bietjie verder moet kyk waar dit is

  10. frandr het gesê op April 9, 2012

    Mag dit vir jou tot groot seen wees!

  11. Lumi het gesê op April 9, 2012

    Mooi geskryf.

  12. Madhatter het gesê op April 12, 2012

    Mag daar in hierdie land weer die betekenis van Paasfees gevind word.

  13. Carol460 het gesê op April 14, 2012

    Ek jubel saam met jou. My Verlosser leef !

  14. Chirpie het gesê op April 14, 2012

    Amen !

  15. Twaksak het gesê op April 17, 2012

    Hy het inderdaad opgestaan.

  16. shlwanjan het gesê op April 19, 2012

    Sondagoggend het ek my twee groot kids op die roeiboot gelaai, en vir hulle in die middel van die dam oop-oog gaan bid {-; En oppad terug het hulle lekker gestry oor wie reg roei en wie van balans af is. En ek het gesmile. Want vrede is gelukkig nie net in die stilte nie.

  17. frandr het gesê op April 19, 2012

    Dis goed as ‘n ma weet van vrede in die middel van die roesemoes van kinders grootmaak.

  18. erikavz het gesê op April 20, 2012

    Hi So What – hier is inligting oor Afrikaanse eredienste wat in Wellington plaasvind:
    Eredienste in WELLINGTON: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland
    Die geloofsfamilie hier in Wellington nooi almal vriendelik uit na ons eredienste en ontmoetings:
    Wellington Eredienste
    Elke Sondagoggend om 10:00 vm (lofprysing begin reeds om 9:45 vm) in die Performance Art Studio Pataka, 17 Parumoana Street, Porirua
    Kapiti Eredienste
    Elke 3de Sondagaand van die maand te Waikanae Uniting Parish, Ngapaki street, Waikanae om 6:00 nm
    Meer inligting kan verkry word van die leraar, Ds Jaco Rheeder, by 04 478 5152 of 027 236 5569 of [email protected] of die kerkkantoor by 04 237 6449 of faks 04 237 6447 of e-pos [email protected]

  19. Ientjie het gesê op April 20, 2012

    Baie dankie vir die inligting ek waardeer dit! Sal werk daarvan maak.

  20. frandr het gesê op April 21, 2012

    Jy’s ‘n ster, Erika – baie dankie vir jou omgee.

  21. HeavyHenry het gesê op April 21, 2012

    Nice geskryf!

  22. frandr het gesê op April 21, 2012

    Dankie Henry, ek heg waarde aan jou mening

  23. riem_mamba het gesê op April 26, 2012

    Leef dit uit!! Pragtig!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.