Skuldbekentenis en apologie
Maart 17, 2012 in Sonder kategorie
Laatlam trek een van die dae na sy eie plek toe. Ek gaan hom mis, veral vanweë toneeltjies soos die volgende:
Gisteraand gaan hulle uiteet. Vanoggend kry ek die leë papier waarin die ham was wat ek vir ‘n omelet gekoop het op die kombuistoonbank. Al die paasbolletjies het ook verdwyn. Ek moet in elk geval winkel toe en koop weer ham, terwyl ek wonder hoe mens na ‘n restaurant toe gaan en so honger tuis kom dat jy soos ‘n sprinkaan deur die kombuis trek.
Terwyl ek die omelet maak, kom staan hy langs my en vra boetvaardig:
“O hêng, was daardie ham vir die een of ander ‘divine purpose’?”
HeavyHenry het gesê op Maart 17, 2012
Nice!
louisna het gesê op Maart 17, 2012
Kinders eet meestal omtrent die huis leeg. Hulle raak ook slim. Het Pa vir my ‘n paar rand. Ek wil vir die huis gaan bier koop. Vir die huis nogal.
Joanna Graham het gesê op Maart 17, 2012
Hehe, ja jy gaan dit mis! Die irritasie ook. Mens weet voor hulle weg is, jy sal liewer hulle sokkies optel, nuwe ham koop, wat ookal as om sonder hulle te wees. En tog weet jy, hulle moet hulle vlerkies sprei, hulle eie sokkies leer optel en hulle eie ham leer koop.
frandr het gesê op Maart 17, 2012
Ware en wyse woorde, Joanna!
rosiemetdorings het gesê op Maart 17, 2012
mens wil sien dat hulle op hulle eie voete kom, aan die ander kant is hulle teenwoordigheid ook lekker – al hou hulle die yskas vir jou leeg
abrham het gesê op Maart 17, 2012
leë houer of leë nes!?!
frandr het gesê op Maart 17, 2012
Dis ‘n slim kjind daardie!
frandr het gesê op Maart 17, 2012
Moeilike keuse, maar die leë nes is onafwendbaar. Ek sal maar sorg dat ek so besig bly dat ek dit nie juis agterkom nie, dis al genade!
louisna het gesê op Maart 17, 2012
Thnks, maar bietjie slinks
Perdebytjie het gesê op Maart 17, 2012
Ek onthou nog die wakkerword in die vroee oggendure, met die reuk van gebraaide uie in my neusgate..die toestand van my kombuis die volgende oggend en die fyn beplande ete vir gaste,wat voortydig verslind is!
Mens mis dit,tannie fran,maar daar is ‘n tyd vir alles!My nes mag leeg wees,maar my gedagtes is vol herinneringe!
Ientjie het gesê op Maart 17, 2012
Siestog, ma se voorraad is tog maar lekkerder dan die posh restaurant!
frandr het gesê op Maart 17, 2012
Goed opgesom, Roosdoring – dis klassieke gemengde gevoelens, dié.
frandr het gesê op Maart 17, 2012
:o)
frandr het gesê op Maart 17, 2012
Hy het later verontwaardig met die hande beduie hoe klein die posh plek se porsies was, ek wens jy kon dit gesien het!
frandr het gesê op Maart 17, 2012
Op ‘n stadium het hy en sy sussie ‘n heftige geskrewe woordewisseling op die vrugtesapkartonne in die yskas gehad, wat vir hierdie ma lekker binnepret besorg het!
Ientjie het gesê op Maart 17, 2012
Ja sal goed glo en dan betal mens nog ten duurste terwyl ma sn”for free” is.( hul dra darem tog by om te bly en te eet by die huis)
erikavz het gesê op Maart 18, 2012
Ek het nooit oorskiet kos gehad terwyl die kinders in die huis was nie, deesdae moet ek gereeld die yskas leegmaak en weggooi. Dis maar ‘n aanpassing as die nes leeg raak.
lora2me het gesê op Maart 19, 2012
Ag, jy gaan hom mos mis, want wie gaan nou al daardie paasbolletjies en brood eet voordat dit muf word? Ek wens my kinders was hier sodat ek nie so baie halwe pakkies groente, brood en so aan hoef weg te gooi nie. Toemaar, hy sal kom kuier en dan kan jy vir hom kos saamstuur huis toe.
bgv het gesê op Maart 19, 2012
Hoop jy sien hom sommer nog baie, al is hy nie meer onder jou dak nie.
endlich het gesê op Maart 19, 2012
hehehe, goeters by my verdwyn net so, wat ook eintlik ‘n divine purpose gehad het….hehehe
frandr het gesê op Maart 19, 2012
Dankie, Anri – ek hoop ook so. Gelukkig verwissel hy nie van stede soos wat sy broer jare gelede gemaak het nie…
frandr het gesê op Maart 19, 2012
Goeie plan, Lora – ek sal selfs die tupperbakkies koebaai sê, maar dalk kom hulle terug vir hervullings :0)
frandr het gesê op Maart 19, 2012
Ek sien daai ‘divine purpose’ is vir jou net so snaaks soos dit vir my was.
frandr het gesê op Maart 19, 2012
Dis verstommend wat hulle alles kan verorber!
frandr het gesê op Maart 19, 2012
Hierdie jaar is een van groot en pynlike aanpassings…
Blikskottel het gesê op Maart 20, 2012
Daar’s tyd vir kom en gaan…en ek kannie wag nie.
endlich het gesê op Maart 20, 2012
hehehe, absoluut, ken die gevoel van goeters wat verdwyn uit die yskas en dan onthou ek hoe ons as kinders NIKS gewaag vat het sonder om te vra nie…want dit was vir die een of ander divine purpose…ek gaan nou die woorde onthou
frandr het gesê op Maart 22, 2012
Ja, Blikskottel – ons sal weer praat en dan voel jy dalk anders…
frandr het gesê op Maart 22, 2012
Goed gesê, Ekke – maar as ek sien hoe hy daarna uitsien, raak ek sommer bly vir sy part.
frandr het gesê op Maart 23, 2012
:o)
frandr het gesê op April 3, 2012
Hallo daar – nee, ek werk maar steeds voort, min of meer soos ‘n pompdonkie…