Ouer word (‘skies vir die vloekwoord)
Februarie 1, 2012 in Sonder kategorie
Bileamsdonkie vra gister: Word ‘n mens vanself beter soos jy ouer word?
Uit ondervinding dink ek mens balanseer op ‘n mespunt. Ek weet nie aldag of ek ‘n liewe tannietjie of ‘n befoeterde ou antie gaan wees nie. Mens sleep maar jou essensiële karakter en al jou buie met jou saam, newwermaaind hoe oud jy is.
In ‘n tyd van groot ontreddering het ek wel met verbasing agtergekom dat ek so deur die jare ‘n paar dinge “reg” gedoen het. Dit was ‘n pynlike tyd van rekenskap, met hier en daar ‘n genadetjie.
In ‘n louteringsproses, soos wat oud word verseker is, kies mens elke dag of jy “beter of bitter” gaan word. Dankbaarheid is ‘n werktuig wat hier kan help.
Maar ek het ‘n beter strategie: ontkenning! Oudword? Wat vir ‘n ding is dit??
sirpsa het gesê op Februarie 1, 2012
Wil ek ook weet.
vdmbj het gesê op Februarie 1, 2012
Jy het die heel beste strategie. Meer mense moet daardie strategie leer, ekself ingesluit!
Ientjie het gesê op Februarie 2, 2012
Alles le maar in die kop. Probleem is mens se brein se jy is nog “bloedjonk” maar dan kom die liggaam en se – stadig ou vrou, ledemate wil nie meer so aktief wees nie.Probleem is die jongeres is so “haastig” van aard en beweging, mens kan nie byhou nie!
TS het gesê op Februarie 2, 2012
Ek hou van die ouer word… ek dink ek word beleë
Doubtingthomas het gesê op Februarie 2, 2012
“It’s all in the mind.”
🙂
Modigliani het gesê op Februarie 2, 2012
🙂
Vetelitsoesitis het gesê op Februarie 2, 2012
Ek het iets te se op daai laaste sin!
Ditto!!! :-))))
CelesteDumas het gesê op Februarie 3, 2012
stem, mens kan kies hoe jy die lewe benader: happiness is a choice. ‘n vriendin het tot sy 90 was een maal ‘n maand vir die ‘oumense’ koek gebak.
frandr het gesê op Februarie 4, 2012
Die groot voordeel is dat ek agter die plooie sit – dis die ander mense wat dit raaksien, nie ek nie!
frandr het gesê op Februarie 4, 2012
;o)
frandr het gesê op Februarie 4, 2012
Ja…ek moet erken, ek weet ongelukkig waarvan jy praat!
frandr het gesê op Februarie 4, 2012
As ek nou nie meer teen die prikkels wil – of kan! – skop nie, mag ek maar jou mooi filosofie oorneem?
frandr het gesê op Februarie 4, 2012
Erg ja – maar hoe geseend is jy dat daar iemand naby genoeg aan jou is wat dit graag doen.
frandr het gesê op Februarie 4, 2012
Kostelik!
Joanna Graham het gesê op Februarie 4, 2012
Ek dink hoe ouer mens word, hoe meer word jy soos jy is. Daarom moet mens baie pasop hoe jy is. Jy stel dit baie mooi – “Dankbaarheid is ‘n werktuig wat hier kan help”. Ja-nee, Tannie Frann, ek dink ek is jou tannie, maar vir jou wil ek graag lees.
Joanna Graham het gesê op Februarie 4, 2012
Tot op ‘n sekere ouderdom. Vandag voel ek onder beleg.
frandr het gesê op Februarie 4, 2012
Die dag is verby en ek hoop van harte dat jy jou beleërders hokgeslaan het!
smishsmash het gesê op Februarie 4, 2012
Ek stem saam met aunty. My gees en vlees is eweveel gewillig. Daars nie fout in Amanzimtoti nie.
frandr het gesê op Februarie 5, 2012
Hello Smishsmash, ek sien jy’s ‘n nuwe blogger – welkom!