Die guns

Januarie 7, 2012 in Sonder kategorie

Vanaand maak Laatlam eksotiese roerbraai vir sy meisie. Hy wys my al die spesiale aankope, gaan stort toe en trek mooi aan vir die okkasie. 

“Kan ek Ma ‘n móérse guns vra? Dis so groot, dis eintlik belaglik…”

Ek voel al hoe kry my beursie ‘n seer knou. Wat wil hy hê? Franse sjampanje? 100 rooi rose vir die nooi van sy hart? ‘n Nuwe grafikakaart vir sy rekenaar? Een van daai yslike dun TV’s soos wat sy broer nou gekoop het? ‘n Sportmotor?

“Sal Ma asseblief vir my ‘n ui kap?”

28 antwoorde op Die guns

  1. Wie wil nou met uiehande aan gevat wees. Slim jong man.

  2. Geitjie1 het gesê op Januarie 7, 2012

    En ek’s seker ma doen dit met graagte!

  3. louisna het gesê op Januarie 7, 2012

    Wyse besluit.

  4. frandr het gesê op Januarie 7, 2012

    Hmm, ek dink jy’s reg!

  5. frandr het gesê op Januarie 7, 2012

    Min uie is al ooit met soveel sorg gekap.

  6. TS het gesê op Januarie 7, 2012

    Ai mens word sommer lief vir hom.

    Hoop jy het die allermooiste jaar

  7. frandr het gesê op Januarie 7, 2012

    Jou menseliefde en meelewendheid val my altyd op, Tina. Dankie vir die goeie wens; mag 2012 vir jou ook ‘n besonder geseende jaar wees.

  8. groot verligting vir jou. Selfd die braai laat my trane loop

  9. As ek mag raai was een van jou trane nie ‘n uietraan nie…

  10. Dis sweet!
    Hoe gelukkig is jy nie!

  11. frandr het gesê op Januarie 7, 2012

    Miskien ‘n paar van dankbaarheid, want ek is vir die meisie so lief soos vir ‘n eie dogter

  12. frandr het gesê op Januarie 7, 2012

    Ek en Laatlam het ‘n lang en ‘n moeilike pad geloop – maar ja, gesien uit ‘n vars hoek, het ek baie stof tot dankbaarheid, Lou.

  13. Cute. ‘n Hug vir Laatlam.

  14. Ientjie het gesê op Januarie 7, 2012

    Pragtig man! Hy is n gentleman duisend om nie uie hande te wil he nie! Laat my ook dankbaar voel vir my kind wat ook my lewe n plesier maak. Geniet hom ten volle.

  15. Wat ‘n plesier, jy het dit seker dàdelik gaan doen, sonder om te kla!
    🙂

  16. 🙂

    Ek het nogal simpatie – ek sukkel ook daarmee!

  17. frandr het gesê op Januarie 17, 2012

    Dankie, MH – hy sal die drukkie waardeer!

  18. frandr het gesê op Januarie 17, 2012

    Julle kommentaar laat my met nuwe oë na my kind kyk!

  19. frandr het gesê op Januarie 17, 2012

    Jy ken ‘n ma se hart, né Thomas.

  20. frandr het gesê op Januarie 17, 2012

    My bril beskerm gelukkig my oë, dus is dit vir my makliker.

  21. frandr het gesê op Januarie 17, 2012

    Janee, Rissiepit – dis eintlik goed om te weet ‘n ma se avonture gaan voort al is mens se kinders reeds volwasse, nie waar nie?

  22. frandr het gesê op Januarie 17, 2012

    Dis nou ‘n interessante wenk, sal dit beslis benut!

  23. frandr het gesê op Januarie 17, 2012

    Ai, Afrikakind – in hierdie geval wil ek amper sê hy het dit gemaak ten spyte van sy ouers! ‘n Vriendin vertel haar kinders sê sy moes ‘n knievervanging kry omdat sy so baie tyd op haar knieë deurgebring het ter wille van hulle – wat ‘n lawwe manier is om ‘n groot waarheid uit te druk. Ja, jy’s reg – alle eer aan ons genadige Vader.

  24. frandr het gesê op Januarie 19, 2012

    Dis vir my te kostelik dat die manne se kommentaar wys dat hulle dadelik gesnap het waarom dit eintlik gegaan het!

  25. frandr het gesê op Januarie 25, 2012

    Nee, ek ken die lied glad nie. Sal ‘n plan maak om daarna te luister.

  26. die klein dingetjies wat mens so maklik oorsien as spesiaal. ‘n vriendin se dogter het op 7 ‘n blikkie kondensmelk bo-aan haar wenslys vir verjaarsdag gehad.

  27. frandr het gesê op Januarie 31, 2012

    Daardie 7-jarige se kondensmelk-wensie sal altyd iewers in haar ma se hart gekoester word. Bygesê: dis ‘n wens waarmee ek sterk saamstem!

Los ’n antwoord vir rosiemetdorings. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.