Die guns
Januarie 7, 2012 in Sonder kategorie
Vanaand maak Laatlam eksotiese roerbraai vir sy meisie. Hy wys my al die spesiale aankope, gaan stort toe en trek mooi aan vir die okkasie.
“Kan ek Ma ‘n móérse guns vra? Dis so groot, dis eintlik belaglik…”
Ek voel al hoe kry my beursie ‘n seer knou. Wat wil hy hê? Franse sjampanje? 100 rooi rose vir die nooi van sy hart? ‘n Nuwe grafikakaart vir sy rekenaar? Een van daai yslike dun TV’s soos wat sy broer nou gekoop het? ‘n Sportmotor?
“Sal Ma asseblief vir my ‘n ui kap?”
benvanbruggen het gesê op Januarie 7, 2012
Wie wil nou met uiehande aan gevat wees. Slim jong man.
Geitjie1 het gesê op Januarie 7, 2012
En ek’s seker ma doen dit met graagte!
louisna het gesê op Januarie 7, 2012
Wyse besluit.
frandr het gesê op Januarie 7, 2012
Hmm, ek dink jy’s reg!
frandr het gesê op Januarie 7, 2012
Min uie is al ooit met soveel sorg gekap.
TS het gesê op Januarie 7, 2012
Ai mens word sommer lief vir hom.
Hoop jy het die allermooiste jaar
frandr het gesê op Januarie 7, 2012
Jou menseliefde en meelewendheid val my altyd op, Tina. Dankie vir die goeie wens; mag 2012 vir jou ook ‘n besonder geseende jaar wees.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 7, 2012
groot verligting vir jou. Selfd die braai laat my trane loop
Peace4All het gesê op Januarie 7, 2012
As ek mag raai was een van jou trane nie ‘n uietraan nie…
loudavisi het gesê op Januarie 7, 2012
Dis sweet!
Hoe gelukkig is jy nie!
frandr het gesê op Januarie 7, 2012
Miskien ‘n paar van dankbaarheid, want ek is vir die meisie so lief soos vir ‘n eie dogter
frandr het gesê op Januarie 7, 2012
Ek en Laatlam het ‘n lang en ‘n moeilike pad geloop – maar ja, gesien uit ‘n vars hoek, het ek baie stof tot dankbaarheid, Lou.
Madhatter het gesê op Januarie 7, 2012
Cute. ‘n Hug vir Laatlam.
Ientjie het gesê op Januarie 7, 2012
Pragtig man! Hy is n gentleman duisend om nie uie hande te wil he nie! Laat my ook dankbaar voel vir my kind wat ook my lewe n plesier maak. Geniet hom ten volle.
Doubtingthomas het gesê op Januarie 8, 2012
Wat ‘n plesier, jy het dit seker dàdelik gaan doen, sonder om te kla!
🙂
HeavyHenry het gesê op Januarie 8, 2012
🙂
Ek het nogal simpatie – ek sukkel ook daarmee!
frandr het gesê op Januarie 17, 2012
Dankie, MH – hy sal die drukkie waardeer!
frandr het gesê op Januarie 17, 2012
Julle kommentaar laat my met nuwe oë na my kind kyk!
frandr het gesê op Januarie 17, 2012
Jy ken ‘n ma se hart, né Thomas.
frandr het gesê op Januarie 17, 2012
My bril beskerm gelukkig my oë, dus is dit vir my makliker.
frandr het gesê op Januarie 17, 2012
Janee, Rissiepit – dis eintlik goed om te weet ‘n ma se avonture gaan voort al is mens se kinders reeds volwasse, nie waar nie?
frandr het gesê op Januarie 17, 2012
Dis nou ‘n interessante wenk, sal dit beslis benut!
frandr het gesê op Januarie 17, 2012
Ai, Afrikakind – in hierdie geval wil ek amper sê hy het dit gemaak ten spyte van sy ouers! ‘n Vriendin vertel haar kinders sê sy moes ‘n knievervanging kry omdat sy so baie tyd op haar knieë deurgebring het ter wille van hulle – wat ‘n lawwe manier is om ‘n groot waarheid uit te druk. Ja, jy’s reg – alle eer aan ons genadige Vader.
HeavyHenry het gesê op Januarie 18, 2012
🙂
frandr het gesê op Januarie 19, 2012
Dis vir my te kostelik dat die manne se kommentaar wys dat hulle dadelik gesnap het waarom dit eintlik gegaan het!
frandr het gesê op Januarie 25, 2012
Nee, ek ken die lied glad nie. Sal ‘n plan maak om daarna te luister.
CelesteDumas het gesê op Januarie 28, 2012
die klein dingetjies wat mens so maklik oorsien as spesiaal. ‘n vriendin se dogter het op 7 ‘n blikkie kondensmelk bo-aan haar wenslys vir verjaarsdag gehad.
frandr het gesê op Januarie 31, 2012
Daardie 7-jarige se kondensmelk-wensie sal altyd iewers in haar ma se hart gekoester word. Bygesê: dis ‘n wens waarmee ek sterk saamstem!