Hoekom blog ek?
Desember 31, 2011 in Sonder kategorie
Sielkundiges sal waarskynlik lekker in die psiges van ons bloggers kan baljaar. Hier is my redes – hoe lyk dit, wil julle nie ook deel nie?
-
My terapie vir die ouderdom (askies vir die vreeslike vloekwoord)
-
Skryf is vir my lekker en nou kry ek nog kommentaar ook!
-
Lees is vir my lekker en nou kan ek nog teruggesels ook!
-
Die mense hierso, met hulle kwinkslae, vindingrykheid, kreatiwiteit en diep gedagtes
-
Errmm…ek moet eintlik werk en ek’s nie lus nie…
Voorspoedige Nuwejaar, al julle bloggers!
louisna het gesê op Desember 31, 2011
Pragtig. Ek blog om soortgelyke redes. Great minds think alike. Mag jou jaar buitengewoon, besonder erg lekker wees.
TS het gesê op Desember 31, 2011
mmmm die donderweer slaan mens as jy op die laaste dag van die jaar werk
Hoop jy het ‘n wonderlike jaar
avega het gesê op Desember 31, 2011
Oppas, dit raak verslawend. Ja en dit is lekker as mense reageer.
HeavyHenry het gesê op Desember 31, 2011
Dankie virrie wense en selle daar!
Dis ook so ‘n rowwe dagboek wat nie eintlik ‘n dagboek is nie…
Doubtingthomas het gesê op Desember 31, 2011
Werk jy vandag?? Nee jy moet jou kop laat lees, suster! Voorspoedige nuwejaar!
🙂
loudavisi het gesê op Desember 31, 2011
Ja, Frann!
Dis hoekom ek ook blog.
Die meeste bloggers skryf oor lekker goed as wat mens in boeke kry. Hier leer mens ook baie.
Voorspoed vir 2012
xx
frandr het gesê op Desember 31, 2011
Dis ‘n vryskutjoppie met ‘n spertyd wat gevaarlik naby is.
frandr het gesê op Desember 31, 2011
Die 21ste-eeuse weergawe van die joernaal, dis ‘n interessante en raak manier om daarna te kyk.
frandr het gesê op Desember 31, 2011
Te laat, Vega! Ek’s klaar verslaaf.
frandr het gesê op Desember 31, 2011
Wat kan ek sê, die kalf is in die put!
frandr het gesê op Desember 31, 2011
Dankie, Ouboet. Synde die oudste kind, is dit lekker om nou ‘n blog-Ouboet te hê.
frandr het gesê op Desember 31, 2011
Dis waar, Lou – ek het reeds so baie geleer in die halwe jaar wat verby is.
frandr het gesê op Desember 31, 2011
Dis mooi gesê, Dirkie. Watter voorreg om mens te kan wees!
Doubtingthomas het gesê op Desember 31, 2011
Sterkte, maar troos jou daaraan:”If it weren’t for the last moment, nothing would ever get done…”
🙂
frandr het gesê op Januarie 1, 2012
Wyse woorde, maar miskien gevaarlik vir so ‘n prokrastineerder soos wat ek is.
bonty het gesê op Januarie 2, 2012
jy is normaal en spesiaal = voorspoed Frannie
louisna het gesê op Januarie 3, 2012
Thanks. Jy het my oujaarsboodskap waarin ek na jou verwys gemis.
frandr het gesê op Januarie 3, 2012
Watter goedgebalanseerde kompliment – dankie Bonties!
frandr het gesê op Januarie 3, 2012
Nee, nee, Ouboet, nie gemis nie, gelees en diep waardeer – dis net, ek was so oorstelp om ‘n ‘mention’ te kry dat ek sommer tjoepstil gebly het!
louisna het gesê op Januarie 4, 2012
Nooit, jy moet praat.
endlich het gesê op Januarie 12, 2012
ek hou van daai woord bloggerasies! te mooi
Nou wonder ek: onthou jy vir otterjasie?