Tegnologies agtergeblewe
Desember 30, 2011 in Sonder kategorie
Sit ek vanoggend en sukkel om my vakansie-kiekies op die rekenaar oor te laai.
Laatlam moet kom help en soet-smalend verduidelik hy vir my wat vir hom so vanselfsprekend is.
“Ek hou nie van my konsultant se houding nie!”
“Ma kan bly wees Ma se konsultant charge nie.”
Aaag ja…
Ou-Top het gesê op Desember 30, 2011
Ek sit met dieselfde probleem, gaan in die nuwe jaar maar n kursus loop vir die goed. Ek het ses kinders, hulle help soms, maar hulle houding staan my ook nie aan nie. Ek dink hulle is geduldiger met vreemde mense, eienaardig, maar waar.
louisna het gesê op Desember 30, 2011
Welkom. Ek is ook tegnologies uiters agtergeblewe.
Ientjie het gesê op Desember 30, 2011
Oooo klink dit nie bekend nie! Ek sit en skryf elke dingetjie neer as die geleerdes so vinnig verduidelik. Sit dan rustig op my eie en werk stap vir stap die goedjies deur.(susters of broers wat verduidelik kan ook maar kortaf wees as mens nie gou genoeg kliek nie)
TS het gesê op Desember 30, 2011
Sterkte…
frandr het gesê op Desember 30, 2011
Ek noem daardie notas my “crib notes”, maar gewoonlik gee hulle ons nie genoeg tyd om dit neer te skryf nie!
frandr het gesê op Desember 30, 2011
En tog het ons dit reggekry om te begin blog, wat myns insiens klaar ‘n prestasie is :o)
frandr het gesê op Desember 30, 2011
Ons werk mos maar almal mooier met die mense wat nie so na aan ons is nie, dis agterstevoor, maar ongelukkig algemeen-menslik, lyk dit my.
frandr het gesê op Desember 30, 2011
Hmm, ek gaan dit ‘n rekenaarmantra maak: kyk en soek en vind – dis goeie raad!
frandr het gesê op Desember 30, 2011
Dankie Tina, maar ek dink dis eintlik my arme konsultant wat sterkte toegewens moet word 😀
louisna het gesê op Desember 30, 2011
Yes, ek stem. Mens kan nie blog sonder om rekenaarvaardig te wees nie.
loudavisi het gesê op Desember 30, 2011
Jare gelede het ek ook so gesukkel. My konsultant (kind) was/is net so ongeduldig. Ek het cribnotes oral om die rekenaar vasgeplak…nou het ek nie meer daai notes nodig nie. Moet nou nuwes maak! Dis moeilik om by te bly!
frandr het gesê op Desember 30, 2011
Janee, Lou, dinge verander so vinnig en ons moet swem om nie te sink nie!
Ientjie het gesê op Desember 30, 2011
Gelukkig is ek al so slim met notas dat as ek agter raak vra ek netjies “gaan net bietjie terug na so en so..” dan kom die sug en ek kry steeds op die einde die inligting! Op n stadium word die notas sommer vir my neergeskryf, dit is ook maar nie te maklik nie want al die tekens en goedjies moet ek ook eers uitsorteer. Nou ja, dit gee mens tog maar veel plesier op die einde!
frandr het gesê op Desember 30, 2011
Ek sal daardie konsultant sommer die sug vergewe in ruil vir die notas!
Ientjie het gesê op Desember 30, 2011
Netso! Voorspoed vir die Nuwe Jaar. My laaste dag het al lankal begin 9:35am 31e Des hier.Dit reen aanhoudend en nog word voorspel. Jammer vir ouens met vuurwerke, dankbaar vir mens se ore en diere wat rustig gaan wees!
frandr het gesê op Desember 30, 2011
Dankie, vir jou ook ‘n lieflike jaar, vol vreugde en vrede.