Bullshitstorie

Desember 29, 2011 in Sonder kategorie

In die dae van die volstruisvere was daar drie broers in die Oos-Kaap wat elkeen vyf plase gehad het. Die een het vir hom ‘n groot nuwe volstruispaleis laat bou, met ‘n groot kombuis en ‘n spesiale skoorsteen wat beplan is om regtig goed te trek. Die eerste dag toe die kombuis in gebruik geneem word, bak die tannie pannekoek. Sy bak en sy bak, maar die pannekoeke verdwyn die een na die ander: sodra sy die pannekoek in die lug opskiet om dit om te draai, verdwyn dit so tussen neus en ore. Naderhand gee sy maar vir die gesin brood met vet en pampoen en almal gaan slaap.

 

Die volgende oggend vroeg staan die boer op en gaan buitentoe om na sy volstruise te gaan omsien. “Vrou! Vrou!! Kom kyk net hier!!!” Die tannie gaan kyk hoekom haar man so lawaai op die werf. Die hele werf lê besaai met pannekoeke…

 

Die boer het maar die skoorsteen wat té goed getrek het, toegemessel.

5 antwoorde op Bullshitstorie

  1. die dag toe dit pannekoeke gereën het. :-}

  2. Ientjie het gesê op Desember 29, 2011

    Lekker man! Kom daarvan as mens dinge oordoen!

  3. Hahahhahaha!

  4. TS het gesê op Desember 30, 2011

    sy kan goed mik nê

  5. avega het gesê op Desember 30, 2011

    Ek soek so skoorsteen

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.