Blog-handleiding, groot asseblief!

Desember 8, 2011 in Sonder kategorie

Na aanleiding van Stokkies se avonture: kan iemand nie groot asseblief vir ons ‘n blog-handleidinkie skryf nie?

 

Jeanne – hoe lyk dit, jy doen mos opleiding?

 

Ná jou wenk dat Stokkies op ‘Antwoord’ moet kliek, weet ek nou nie of enigeen van my kommentare ooit by enige blogger uitgekom het nie – of nee wag, ek het tog antwoorde gekry. Hoe werk die mechanics van ‘Kommentaar’ en ‘Antwoord’? Trouens – wat is die algemene etiket vir gesels?

 

Wat op dees aarde is die ‘Blogrol’? Proefondervindelik het ek myself as ondersteuner op enkele blogs laat beland, maar van die blogrol weet ek g’n snars nie.

 

So twee weke gelede het ek groot geskrik, toe my blog skielik net weg is. Dopper Maggie het geduldig verduidelik dat ek uitgelog was – ek het nie eens geweet dat ek op ‘n stadium ingelog was nie! (En tog het ek ‘n geheimsinnige nota met ‘n wagwoord en skryfnaam op my deurmekaar lessenaar ontdek, ook maar net so goed…) Groot was die verligting toe ek my bloggie terugvind en net daar het ek besef watter innige deel van ‘n mens jou skrywes is.

 

Die gul ontvangs en vriendelike verwelkoming deur ander bloggers het my verras. Ander bloggers sê ook dat hulle tuis voel hier. My seun, wat oor my skouer gelees het, het dit goed verwoord: ‘Hmm, nog mense wat soos Ma klink!’

13 antwoorde op Blog-handleiding, groot asseblief!

  1. Ientjie het gesê op Desember 8, 2011

    Oooo die vreemde goet darem! Ek is ook maar nie vertroud met al die dinge nie.Wou al fotos opsit maar ai, die grysheid bring nie juis rekenaarwysheid nie!

  2. TS het gesê op Desember 8, 2011

    Daar is nou nog dinge wat vir my verlore gaan… hulle sê dit is maklik maar nie altyd nie Sterkte

    Op WP sal ons weer van voor af moet begin

  3. Dirkie is reg!

    IVM die Blog Roll.

    As jy kyk, daar waar mens kan inskryf vir epos kennisgewings vir ‘n blog, daar is ‘n knoppie “add to blog roll”, jy het dit al met “vlegsels” gedoen.
    Met ander woorde, haar naam verskyn daar, en meeste mense “add” hulle gunsteling blogs daar.

    Wanneer iemand jou “ondersteuner” is, beteken dit hulle het jou ge “add to blog roll”.

    Dis maar al.
    Dit doen nie veel meer nie 🙂

  4. Sela Tan Fran, ek sal dit ook waardeer!

  5. frandr het gesê op Desember 8, 2011

    Almaskie, maar ek dink tog ons kan onsself op die skouer klop dat ons dit hoegenaamd in die kuberruimte waag, of hoe?

  6. frandr het gesê op Desember 8, 2011

    Ja, dit werk soos ‘n bom! Dankie Dirkie – nou het ek die ding van ‘Antwoord’ ook onder die knie.

  7. frandr het gesê op Desember 8, 2011

    Met sulke simpatieke en hulpvaardige mede-bloggers sal ons enigiets kan regkry!

  8. Ientjie het gesê op Desember 8, 2011

    Ek stem! My seun wat n IT fundie is klop my gedurig op my skouer en moedig my aan. (Nie dat dit altyd veel help nie) Kenners het ook maar nie veel geduld om alles te wys nie!

  9. frandr het gesê op Desember 8, 2011

    Dit kan jy weer sê! Hulle neem beheer van jou rekenaar en woerts-warts is alles gedoen, sonder dat mens eers een crib-note kan neerskryf. Praat van mens ‘n vis gee i.p.v. om jou te leer hoe om dit self te vang…

  10. frandr het gesê op Desember 8, 2011

    Welkom hier, Stokkies – dis vet pret.

  11. frandr het gesê op Desember 8, 2011

    Ek het behoorlik malgegaan met my blogrol! En was dit nou lekker, dankie vir die inligting, Jeanne.

  12. Moenie té veel konsentreer op die huidige nie. Spaar jou energie vir wanneer die blogs na WP verander, dan neem jy dit maar stappie vir stappie, “one day at a time.”

  13. frandr het gesê op Desember 9, 2011

    Dankie vir die goeie raad, Thomas. As ek eendag alles weet, rook ek sommer ‘n kameeltjie saam met jou!

Los ’n antwoord vir Doubtingthomas. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.