Die autograph-albumpie

Oktober 29, 2011 in Sonder kategorie

Vanoggend vroetel ek vir die soveelste maal in my oorvol garage tussen die bokse boeke en rommel en kom op ‘n klein boekietjie af. Kleiner as my handpalm, die omslaggie van gestoffeerde slangvel, die kante van die blaaitjies verguld. Dit moes baie mooi gewees het toe die boekie nog jonk was – nou is dit verbleik, gevlek, verniel…

 

Die inskrywings is in 1930 en 1931 gemaak; daar is nie ‘n enkele Afrikaanse een nie, selfs my mammie se boodskappie is in Engels. Die boekie het aan haar suster behoort – my kosbare tannie, my peetma wat haar lewe lank my beskermengel was.

 

Daar is liriese opdragte:

May all shade your path o’ercasting

Just so long stay and no longer

As the mists of morning, lasting

Only till the sun grows stronger

 

Die siniese:

Love all

Trust a few

Always paddle your own canoe

 

‘n Merkwaardig romantiese inskrywing:

Sei immer wie eine Blume,

So hold und schön und rein (van Piet)

 

Die sentimentele:  

So many gods

So many breeds

So many paths that wind and wind

But just the art of being kind

Is all this sad world needs

 

Die prosaïese:

All good wishes for a happy birthday

 

Die bladsytjie waarop my mammie geskryf het, is pragtig omraam met pentekeninge van voëltjies en blomme:

When you are old the birds will still come singing

At dusk and dawn about the windowsill

And all the flowers of Summer will be springing

When you are old, I know,

To greet you still 

 

Dit was waar van my tannie, maar nie tot aan die einde van haar lewe nie.

 

Haar laaste jare is in verwildering deurgebring, vasgekluister aan ‘n bed, haar mooi blou oë die ene verwyt, haar swye onversetlik en verlate. Sy, wat sovele oumense versorg en enduit begelei het (haar pa, haar ma, haar oom, haar tante) moes dit beleef dat haar peetdogter haar slegs af en toe in die ouetehuis kom besoek het. Watter bittere berou het ek nie vandag daaroor nie, noudat ek self die kilte van die ouderdom begin voel…

 

7 antwoorde op Die autograph-albumpie

  1. Frannie, jy sal daardie boekie afstof en soos goud bewaar…ek weet!

  2. abrham het gesê op Oktober 30, 2011

    ek het so ‘n boelie van my oorle pa uit 1946, hy skryf nogal ook engels en jy gee my nou die weg om syne te plaas, tx

  3. TS het gesê op Oktober 30, 2011

    Ai ja oudword is nie vir sissies nie

  4. Trakie het gesê op Oktober 30, 2011

    Ware skat wat jy daar het. Pas hom mooi op.

  5. Trakie het gesê op November 5, 2011

    Sorrie, maar jy’t toe nou nie die prys gewen nie.

    http://blogs.litnet.co.za/Trakie/vier-kelkie-obsessies-in-een

  6. frandr het gesê op November 7, 2011

    Ag dis okay, Monica H se antwoord verdien die prys! Jou boodskappie is ‘n baie gawe troosprys :o)

  7. jjanajj het gesê op November 14, 2011

    sjoe dis baie treffend vir my.

    PRAGTIG.

Los ’n antwoord vir Trakie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.