SA Publikasieforum

September 2, 2011 in Sonder kategorie

Vandag het ek lustig met my kollegas se kallers geploeg, het naamlik ‘n wonderlike middagete by Gallagher Estate geniet om te hoor dat laasjaar se jaarverslag ons een van die finaliste in die kompetisie vir korporatiewe publikasies gemaak het, terwyl ek in werklikheid nie aan laasjaar se verslag gewerk het nie. Hoekom juis ek moes gaan? Die weë van my organisasie is maar duister.

 

Waarop ek wel kon staat maak, is dat my kollegas laat sou kom. Dit het beteken dat ek langs vreemdes moes sit en – soos gewoonlik! – was dit ‘n absolute fees, interessante mense en geselskap.

 

Dit het verder beteken dat ek alleen Midrand toe moes ry – ek, wie se kinders filosofies aanvaar het dat ons ten minste eenmaal gaan verdwaal elke keer dat ons êrens vreemds heen ry. Maar ek het dit gemaak, betyds nogal! Die verdwaal was net so ‘n ligte enetjie…

 

Ligte kloppie op die skouer vir die vrese wat ek vandag besweer het. En behoorlike applous vir al die hardwerkende skrywers, redakteurs, kommunikeerders, ontwerpers, redigeerders, proeflesers en drukkers, wat elke jaar die risiko van oorvalle loop om hulle publikasies in die wêreld te bring!

9 antwoorde op SA Publikasieforum

  1. TS het gesê op September 2, 2011

    Baie geluk… en kloppie op jou skouer

  2. Jy moet definitief meer vertel …

  3. die kinders wil nie glo dat ons generasie kan bybly nie

  4. Jy’s Yster, vrou!

  5. Geluk…sommer al vir volgende jaar s’n ook {-;

  6. frandr het gesê op September 4, 2011

    Baie dankie – maar ek weet die jaarverslag wat ons sopas afgehandel het, is ongelukkig nie van dieselfde kaliber nie – laaang storie.

  7. My seuns glo ook so. geluk man.

  8. Good for you!!

Los ’n antwoord vir frandr. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.