AS MENS TIEN WORD…
September 14, 2013 in Uncategorized
… moet jy ‘n partytjie hê. Aanvanklik het ons sewe kinders genooi. Saam met die verjaardagmeisie was dit ag. Toe het daar nog niggies en nefies bygekom en op die ou-end was daar tien. Die meeste van hulle tien jaar oud. Weet julle hoe voel dit om tien tienjariges te probeer beheer by ‘n mini-golf speelplek? Dit is amper soos om katte in ‘n kraal te probeer kry. Toe val een boonop en breek haar voorste tand. Omdat sy soos ‘n bok op ‘n plek gaan klim het waar daar duidelik staan “geen ingang”. En omdat sy aanhou speel, al sit en wag die oom al vir haar in die bakkie. Baie bekkig. Ek moes haar aanspreek, omdat sy oor ‘n hoë heining klim. “No, I can”, seg sy vir my en foeter oor die heining. En later word daar ewe vir my gesê: “I do speak English”, omdat ek vir hulle “Yizani!” skree. Toe sê ek maar mooi, ja, en ek praat ‘n bietjie Xhosa en ek gaan dit gebruik wanneer julle nie vir my op Engels luister nie!
Hier is ‘n foto van die verjaardagkoek.
Sesona moes self bak en self die versierings maak. Ek het botterversiersel gebruik, want ek hou niks van fondantversiering nie. Wat is ‘n koek nou in elk geval sonder ‘n lekker stuk versiersuiker?
Hier is nog ‘n foto:
Ek is baie bly ek het die dag oorleef. Teen half 3 het ek die oorblywendes in die kar geboender en by hulle se ouers gaan aflaai!
tina10 het gesê op September 14, 2013
Ooooo so tien is ‘n handvol. Bly jy het oorleef!
elizac het gesê op September 15, 2013
Jinne, kan jy weer sê! Daar is redes waarom ‘n mens kinders in jou twintigers moet hê!
Carol R @ Losbek het gesê op September 15, 2013
Kinderpartytjies is harde werk!
Henry @kompethenry het gesê op September 15, 2013
Lmga!
nice koek. Jammer vannie tand
elizac het gesê op September 15, 2013
Hoop nie ons word gedagvaar nie!
perdebytjie het gesê op September 15, 2013
Haha!Jy voer my nou terug na ‘n tyd toe ek twaalf seuntjies moes beheer..hulle het op my rusbanke se leunings rondgehardloop,mekaar met smarties gegooi,aan die gordyne geswaai,bomme gemaak in die swembad,dat die gras amper versuip het!Nee kyk genoeg is genoeg!
elizac het gesê op September 15, 2013
Ek probeer my bes om hulle besig te hou, maar dis nooit genoeg nie!
ek-myself het gesê op September 16, 2013
Lekker lag ek!