by

SO LYK MY WERKPLEK

September 13, 2013 in Uncategorized

En ek moet sê: op die foto’s lyk alles mooi skoon en groot! Tot jy nader kyk.

Hier is my kantoor. Ek het intussen die lessenaar geskuif, aangesien my rekenaar deur die venster van my lessenaar af gesteel is. Die kantoor is omtrent 3m X 2,5m.

Soos julle kan sien, is daar nie baie pakplek nie. Ek sal nogal hou van so ‘n muur met boekrakke. My liasseersisteem is op die vloer…

Hier is nog ‘n foto. My lessenaar staan nou in die hoekie en ek moet met my rug na die deur toe sit. Ek het ook ‘n stel “pigeon holes” in die kantoor gehad vir pakplek, maar die het ek nou in die gangetjie voor die deur staangemaak.

En dit is wat ek elke oggend sien wanneer ek by die werk aankom. As daar nie ‘n klomp studente in die pad staan nie. Soos julle kan sien, gebruik almal van ons die vloer as liasseersisteem.

Die gang op pad na my kantoor. Die arme dosente op links het nie eens ‘n venster om by uit te kyk nie. Ek weet regtig nie hoe ‘n mens so kan werk nie. Ook geen privaatheid nie – die studente kan na jou staar deur die glasvensters. Baie dosente plak plakkate op die vensters vir privaatheid. Hierdie kantore is ook oop bo. Daar is geen manier waarop jy met ‘n student privaat kan konsulteer nie. Jy kan ook nie in vrede sit en werk nie, want jy moet na al jou kollegas se gepraat en/of gospel luister.

Ons het wel ‘n pragtige kampus. Dit is 35km buite Oos-Londen – wat natuurlik sy nadele het – maar dit bly mooi. En lekker koud in die winter! Die studentekafeteria is onder links en die koshuis is in die verte.

Hier onder is ‘n foto van die rolstoel oprit na die boonste vloer. Moenie opgewonde raak oor die lugversorging nie – dit is vir die rekenaarlokale op die onderste vloer. Die oorspronklike ontwerp van die kampus was vir ‘n hoërskool. Die destydse Ciskei-regering het besluit om dit sommer te gebruik vir die technikongeboue. As die wind waai, sing daardie reëlings behoorlik!

En nou kom ons by die detail. Waarskuwing: nie geskik vir sensitiewe siele nie!

Hier is ‘n foto van die seepbak in die toilette wat ek moet gebruik. Om seep te kry, moet jy jou hand onder die deksel insteek en uitskep. En ek is baie dankbaar, want ten minste is daar seep. Op ‘n stadium het ek gaan kla, want daar was nie seep nie en die skoonmaaksters het net skouers opgetrek. Volgens hulle was die bakkie “broken” en daarom het hulle nie nodig gehad om seep in te sit nie.

Hierdie is ‘n klein krakie in die muur agter die toilet.

Vra my nou wat hierdie is. Ek wil nie weet nie, maar ek vermoed dit is oorblyfsels van toe die duif een naweek sowat drie jaar terug in die toilette oornag het. Kyk ook hoe mooi skoon is die lysies…

Aan die moontlikhede vir hierdie vlek wil ek nie eens dink nie. Dit sit seker al vyf jaar teen die muur. Maar kyk hoe mooi blink die vloere – alles word gepolitoer en die vullis word na die hoekies geskuif.

En ek het maar net Dinsdag so in my omgewing ‘n paar fototjies geneem. Hoop julle het die vertoning geniet!

12 antwoorde op SO LYK MY WERKPLEK

  1. Dit was nou hoogs interessant!Lyk my jy maak die beste van moeilike werksomstandighede.

  2. @elizac
    Dankie vir die deel van jou werkwêreld. Mooi campus. Jammer dat die onverstaanbare prioriteite van sommige van ons landgenote ‘n plek kan laat verval.

  3. tina10 het gesê op September 14, 2013

    Hehehehe… ek het jou eers jammer gekry en toe onthou ek die skole in my provinsie en dan is is jou omgewing super luuks! 🙂

  4. Sjoe, hulle prop julle in klein hokkies! Is dit net in storieboeke wat mense ruim kantore het? Ons badkamers by die skool lyk nie veel beter as julle s’n nie!

  5. vega het gesê op September 14, 2013

    Dis ‘n pragtige kampus. Dit benodig net een goeie hoof om alles reg te ruk. Die skoonmakers werk tog vir iemand, daai iemand rapporteer aan nog ‘n persoon en so kan jy opgaan. Iemand betaal die mense om hulle werk te doen en behoort te kyk dat hulle dit doen. AI!

  6. My kantoor is kwaai deurmekaar
    Nee ek gaan nie fotos neem nie

    Ek het geen venster nie
    Sit in ‘n plek met ‘n deur en as jy instap is dit 4 mure
    Sentrale aircon wat vuil lug inplaas
    En buisligte was so nou en dan flikker

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.