by

UPDATE

Oktober 5, 2012 in Sonder kategorie

Nou ja, die probleem is afgeweer. Die student het spontaan geaborteer. Nou gaan sy weer deur ‘n klomp emosies, maar nou ja, dis dalk beter so.

Hopelik het sy nou ‘n les geleer. Ek het soveel keer verlede jaar – toe sy by my in die klas was – gesê: hou julle beentjies toe! Verwag meer van die mans in julle lewens! Stel die dwarslat ‘n bietjie hoër en laat hulle wys dat hulle jou werd is. Waarom koop jy die koei as jy die melk verniet kry? En al sulke reguit opmerkings. Maar nou ja, een jaar in my klas kan nie die jare se opvoeding van die huis verander nie.

Sy sê in elk geval sy wil nou niks met mans te doen hê nie. Ek probeer darem vir haar oortuig dat daar wel goeie mans is, maar sy moet eers op haar studies fokus en nou klaar maak en nie toelaat dat ‘n man tussen haar en haar studies staan nie.

Dit ten spyte van mans wat nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir hul dade nie. Ek moet so dikwels hoor: dis nou maar soos ‘n man is, en jy as vrou moet dit net aanvaar. Dit is mos nou twak. Hoekom moet ek as vrou die hele tyd by die man en sy wêreld aanpas, maar die man kan nie by my wêreld aanpas nie?

En nou gaan daar seker weer ‘n man of tien wees wat hier inspring en my van mannehaat beskuldig, of so iets dergeliks. Of, soos my studente, die Bybel vir my gooi, want net die eerste deel van die vers word mos gelees, en die res geïgnoreer. Dit pas baie mense mos nie om daardie deel ook te lees nie!

9 antwoorde op UPDATE

  1. TS het gesê op Oktober 6, 2012

    Lekker vir die man… gaan nou niks met hom gebeur nie?

  2. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2012

    Ek stem volkome met jou saam. Ek hou van mans en kan lekker met hulle gesels…en ja daar is goeie mans. Die beste een woon hier in my huis.. 😀

    Dankie vir die update. Ek het nogals gewonder..

  3. Neander het gesê op Oktober 6, 2012

    Die moderne lewe bring sy eie aanpassings.

  4. Miskien die beste wat kon gebeur het – nog ‘n ongewenste joolsie bring net ongelukkigheid.

  5. Chirpie het gesê op Oktober 6, 2012

    Dit sal haar ‘n baie lang ruk neem om weer te herstel.:-(

  6. elizac het gesê op Oktober 6, 2012

    Nee, die beste een woon in my huis!

  7. loudavisi het gesê op Oktober 7, 2012

    😀

    xxx

  8. Ek-Myself het gesê op Oktober 9, 2012

    Hulle kom net TE maklik weg… sonder verantwoordelikhede, so maklik, raak ontsla van die bastard… eish en hy worry nie, troue mos in elk geval met iemand anders…
    Ek voel jammer vir haar – nou moet sy oppas!

  9. elizac het gesê op Oktober 9, 2012

    Nee wat, ‘n vrou moet mos bewys dis sy kind. Almal kan aan haar sien wat sy gedoen het!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.