by

EK IS BOOS

Oktober 3, 2012 in Sonder kategorie

Bliksem. Is dit ‘n vloekwoord? Word dit nog gesien as ‘n vloekwoord? Want ek wil nou so ‘n bietjie vloek. Nee, daar is niks fout in my lewe nie. Maar ek is donders boos.

Een van my oud-studente wandel so teen tienuur by my klas in. Sy wil met my praat; wanneer maak ek klaar? Half elf kom sy weer ingewandel en gaan sit. Die ander studente skryf toets en is besig om stuk-stuk klaar te praat. Praat sy in lippetaal en vir die eerste keer in my lewe kry ek die boodskap:

“I-am-pregnant”.

Nou ja, swanger is mos nie die einde van die wêreld nie, en deesdae is ongehuud swanger wees glad nie meer ‘n skande nie, so wat is die probleem?

Lang storie, maar die kort weergawe is dit: haar kêrel is ‘n dosent aan die universiteit. En hy het nou vir haar gesê hy trou die einde van die jaar met iemand anders, hy is nie gereed vir kinders nie en sy moet van die “bastard” ontslae raak.

Gelukkig was ek by die aanhoor van hierdie nuus reeds in my kar op pad na die ander kampus toe, anders het ek iemand aangerand. Waar die f!!! kom die bl!!!! daaraan om ‘n verhouding met ‘n d0n!!!! student aan te knoop? Dit is net op soveel vlakke oneties en verkeerd dat ek skaars my verstand daarom geknoop kan kry.

Maak dit die situasie beter dat hy nie in haar departement is nie? Nie in my kop nie.

Die huislike omstandighede verbeter ook nie die situasie nie. Haar eie ma is dood aan Vigs, sy weet nie waar haar pa is nie, sy het Suid-Afrika toe gekom van Zimbabwe af om by haar tante te kom bly en nou het die tante haar uit die huis geskop en gesê sy kom nie terug voor sy nie van die baba ontslae geraak het nie. Ek en die tante is kollegas en vriende en ek voel half lus om haar te gaan besoek en ‘n bietjie te praat. As die kind nêrens het om heen te gaan nie, wat is die kanse dat sy in ‘n volgende man se arms gaan val as hy mooi woordjies in haar ore fluister?

Ek hoop sy het haar les geleer. Ek bid vir haar en die ongebore kind ontelbare seëninge toe. Maar vir daardie bliksem wat nie sy dinges in sy broek kon hou nie – wel, keer my, of ek word gefire.

20 antwoorde op EK IS BOOS

  1. die vark!!!

  2. Ek stem saam – die vark! En die arme stomme meisie wat heel waarskynlik gedink het die dosent is haar “ticket to freedom”. Of wealth, of wat ook al. Hou ons op hoogte? Die arme stomme meisiekind!

  3. elizac het gesê op Oktober 3, 2012

    Sy is gelukkig baie volwasse (die lewe het haar al erg rondgegooi) en baie positief. Maar dit gaan nog steeds moeilik wees. Sy het soveel drome vir haar toekoms.

  4. elizac het gesê op Oktober 3, 2012

    Sê ek ook! Hy moet sy werk verloor!

  5. avega het gesê op Oktober 3, 2012

    Hy MOET aangekla word. Dis oneties.

  6. Hoe oud is sy ? Hoeveelste jaar.
    ? Afgestudeer ?

  7. TS het gesê op Oktober 3, 2012

    Eish… as hy dan wil vroetel (nee ek keur dit nie goed nie) waarom nie kondome gebruik nie?

  8. Hoop die saak word nie daar gelaat

  9. Carol460 het gesê op Oktober 3, 2012

    Was hy ‘n onnie, is hy geskors.

  10. Neander het gesê op Oktober 3, 2012

    Kyk, ‘n oplossing het ek nie, dis ‘n klassieke geval van neotenie. Dis waar die organisme voortplant in jeugdige stadium sonder om aan die gevolge te dink.
    Die mens is so ‘n spesie en in elk geval vat dit twee mense om die daad te doen.

  11. loudavisi het gesê op Oktober 3, 2012

    Dis wanneer die meisie jonk is, en beswatted is met ‘n onnie wat dit gebeur. Ek se dit is SY skuld! Hy moet teen die tyd al beter weet.
    Meeste van die tyd verstaan ek NIE seks nie.

  12. “… bliksem wat nie sy dinges in sy broek kon hou nie,,,”

    wat van die slet wat nie haar knieknoppe bymekaar kon hou nie?

    It takes two to tango…

  13. elizac het gesê op Oktober 5, 2012

    Ja, ek het geweet daar sal weer ‘n man wees wat die man verdedig. Ons praat hier van ‘n dosent wat met ‘n student ‘n verhouding het. Oneties. Mans sal ‘n slag moet begin verantwoordelikheid aanvaar vir hulle gedrag.

  14. elizac het gesê op Oktober 5, 2012

    Kyk, sy moes ook van beter geweet het, maar nou ja, op 21 groei jou brein nog en jy doen wat vir jou lekker is; nie noodwendig wat vir jou goed is nie. Maar hy moes beslis nie die paadjie gestap het nie.

  15. elizac het gesê op Oktober 5, 2012

    Kyk my antwoord aan Henry.

  16. elizac het gesê op Oktober 5, 2012

    Dis op universiteit ook teen die (ongeskrewe) reëls. Ongelukkig is dit ‘n kultuur wat so ingeburger is hier in die Oos-Kaap, dat die owerhede hulle nie eens daaraan steur nie.

  17. elizac het gesê op Oktober 5, 2012

    21. 2e jaar.

  18. Hei ek praat nie die ou se gedrag goed nie – wat my pla is dat jy AL die skuld op hom pak, asof die ander party ‘n willose robot was!

  19. elizac het gesê op Oktober 6, 2012

    Ek het geen skuld op enigeen gepak nie. Die punt is dat hy 28 is en ‘n lektor aan die universiteit. Al gooi 40 mooi girls hulself naak voor sy voete neer, moet hy verbystap.

  20. Yeah right en as hy ‘n non was, was sy naam moeder Theresa…

    Vergeet dit – lektore spyker al studente solank as wat daar universiteite is!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.