by

IETS WAT NIKS MET DIE OLIMPIESE SPELE TE DOEN HET NIE

Augustus 4, 2012 in Sonder kategorie

‘n vrou slaap in
die bos onder ‘n dak van groen blare

sy slaap op mos –
klein vingertjies wat haar stu

en wegdruk van
mastektomies besoeke aan dokters ginekoloë

mammogramme en
slagspreuke: jy kan kanker klop

sy slaap tussen
bosnimfe en dwerge sy slaap in ‘n kasteel van bome

sy slaap met twee
borste in ‘n land vol drome

sy slaap groen
van mos tussen veilige wortels

sy los op in die
energie van lewebarende grond

 

‘n vrou slaap in
die bos om nooit weer wakker hoef te word nie

 

19 Januarie 2012

13 antwoorde op IETS WAT NIKS MET DIE OLIMPIESE SPELE TE DOEN HET NIE

  1. Carol460 het gesê op Augustus 4, 2012

    Dit is nie ‘n maklike pad nie ! XX

  2. Dankie dat jy die datum onderaan gesit het..nou kan ek ontspan en glo dat dit nog net goed gaan met jou.

  3. frandr het gesê op Augustus 4, 2012

    Dis werklik mooi…

  4. Kan maar net sê, sterkte.

  5. elizac het gesê op Augustus 4, 2012

    BAIE goed!

  6. Blessings!

  7. Partykeer kom mens af op ‘n bloginskrywing wat alle ander dinge irrelevant laat lyk. Hierdie is so ene. *saluut*

  8. TS het gesê op Augustus 5, 2012

    aangrypend… dankie

  9. elizac het gesê op Augustus 6, 2012

    Dankie.

  10. Aangrypend mooi. Dis ‘n moeilike pad om te stap

  11. is jy ok?

  12. elizac het gesê op Oktober 3, 2012

    Ja jong!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.