by

NET ‘N IETSIE OOR DIE OLIMPIESE SPELE

Julie 30, 2012 in Sonder kategorie

Ja, so het London 2012 toe met ‘n depressiewe knalletjie begin. As dit nie vir die blink olimpiese ringe was wat die hemele bestyg het nie, en vir Mr Bean, en 007, en die vuurwerkvertoning nie, sou daar nie eens ‘n knalletjie gewees het nie. Net ‘n industriële revolusie en duistere verwysings na die Britte se grootsheid.

Intussen moet ons armsaliges met die peasant tiewie tevrede wees met SABC 2 se uitsendings. Dis die een ontleding op die ander, tot ek later wil skree: WYS ASSEBLIEF NOU NET VIR ONS WAT GEBEUR HET! So moet ek vanaand klaarblyklik sit en wag vir tienuur om te hoor wat met Chad le Clos gebeur het in die swembad. Want hier is nou ‘n klomp dames wat sit en praat oor hulle finasiële beplanning en terselfdertyd word so ‘n groen maatskappy, wat kastig voorsiening maak vir ‘n mens se aftrede, bemark.

Amper sê ek nou iets leliks. Halloooooooooo? ‘n Suid-Afrikaner het pas in die swembad gespring, tweede algeheel in die uitdunne gekom EN ‘n Afrikarekord opgestel!

Dankie tog vir die internet en www.london2012.com – daar kry ek in egte tyd al my inligting, al kan ek dit nie noodwendig sien nie.

7 antwoorde op NET ‘N IETSIE OOR DIE OLIMPIESE SPELE

  1. loudavisi het gesê op Julie 31, 2012

    Ek wonder hoeveel mense hulle tiewies gaan stukkend gooi uit frustrasie!
    Ek is met jou oor dié een!

  2. TS het gesê op Julie 31, 2012

    Ek wens ek wil gaan sit en kyk wanneer ons span deelneem want nou sit ek ure en kyk na mense wat ek nie ken nie.

  3. Geitjie1 het gesê op Julie 31, 2012

    Die openingseremonie was nie vir my so treurig nie, maar o wee, die ou Queen se suurpruim uitdrukking was opvallend.

    Glimlag sy dan regtig nooit?

    Cameron vd Burgh en Chad le Clos is my helde by die Spele, sterkte aan Chad vir vandag se finaal, maak ons weer trots! Hopelik kan Sunette Viljoen ook ‘n medalje losgooi.

  4. Neander het gesê op Julie 31, 2012

    Die opening was tipies in Britse tradisie, vir my ok.
    Ek stem ook saam dat Lizzie darem maar ‘n glimlag kon voorgee.

  5. avega het gesê op Julie 31, 2012

    My kinders het ‘n DSTV dekodeerder wat meeste van die tyd af is. Hulle het dit laat aansit net vir die maand vir die Olimpiese Spele 🙂

  6. zephur het gesê op Julie 31, 2012

    Ja SAUK2 sucks…wel SABC sucks ingeheel

    Hul het die semi’s gewys van Chad le Clos so by 21:35…maar met nog 25meter oor toe skakel hul oor na die volgende skeduleerde program, en daar sit ek met oopbek en wonder hoe stupid kan ‘n uitsaaier nou wees.

  7. Ek was mal oor die openingseremonie, but then again, ek’s bietjie van ‘n Anglofiel! Ou Rowan Atkinson het grys geword!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.