by

HET IEMAND IETS MOOIS IEWERS?

Mei 5, 2012 in Sonder kategorie

Ek het nou vanaand so ‘n lus vir mooi goed. Iets wat werklik ekstra-ordinêr is. Gister loop ek en ‘n vriendin in die winkels, maar toe soek ons begrafnisklere vir haar. Maar mens wil darem ordentlik in die goed lyk, en aangesien sy maar 35 is, het ons nie gedink daar is veel van ‘n keuse tussen outannieregaf en slet nie. Alhoewel, ek moet sê, ek dink nie ou tannies sal in van daai klere gesien wil wees nie.
Vanoggend was dit ons tweeweeklikse kunsklas, maar ek was totaal sonder inspirasies. Tussen ure se merk en die sothede van ons lewens hier in die Oos-Kaap, raak dit partykeer moeilik om mooi raak te sien. Ek het darem die afgelope week of twee weer in die aande gesit en juweliersware maak. Nood leer bid, en een van die dae is dit weer tyd vir ons kerkbasaar waar ek lekker basaartannie agter die handwerktafel speel. Dan is daar ook ‘n vrouedag aan die einde van die maand, en ek gaan my juweliersware daar uitstal. Verder het ek nie tyd om my enigsins kreatief besig te hou nie. Stories is begin, maar nie voltooi nie. Komberse wag om klaar gehekel te word. Op die stoep staan bokse basaargoed wat moet klaar. Ek sal maar weer teen die einde van die maand die gemeente hier onthaal om alles klaar te kry …
Nou ja, ek wou nou baie graag ‘n paar foto’s oplaai, maar kan dit glad nie regkry nie. Kan iemand dalk help?

9 antwoorde op HET IEMAND IETS MOOIS IEWERS?

  1. loudavisi het gesê op Mei 6, 2012

    Dis maar stil hier op ‘n Saterdagaand.
    Ek kan nie nou aan iets moois dink om jou te wys nie, maar ek ken die behoefte.

    Sondagoggend musiek op RSG is vir my mooi.

    Lekker Sondag!

  2. TS het gesê op Mei 6, 2012

    Nie net Oos Kaap het sothede

  3. katrina het gesê op Mei 6, 2012

    Wanneer jy jou inskrywing maak kliek jy op die skakeltjie bo wat soos ‘n boompie lyk. Dit maak ‘n venstertjie oop en daar kliek jy op ALBUMS wat weer ‘n venstertjie oopmaak. Dan kliek jy op CHOOSE FILE en soek die foto op jou rekenaar, kliek daarop en dan op OPEN in dieselfde venstertjie. Daarna op UPLOAD FILES en sodra jy die foto in jou album sien, kliek jy daarop. Keuse tussen small/medium en die werklike grootte. Ek kies altyd medium. Die foto verskyn dan in die raampie. Jy kliek op INSERT en dan sal jou foto hopelik in jou inskrywing te siene wees. Hoop dit werk!

  4. katrina het gesê op Mei 6, 2012

    Lou, jou antwoord laat my dink aan die gediggie van Prevot van der Merwe wat ek verlede week met my graad 9’s gedoen het. ‘die hemel help ons’. Sy woorde: ‘dis maar stil hier voor die rekenaar so laat in die nag’. 🙂

  5. loudavisi het gesê op Mei 6, 2012

    Ek gaan dit gou opsoek/naslaan – kan dit nie so lekker onthou nie, maar dit klink interessant, Katrina.
    Dankie
    ; )

  6. HeavyHenry het gesê op Mei 6, 2012

    Ag gaan luister na die anderse nusiek daar by my – dis Sondag. MOS.

    🙂

  7. elizac het gesê op Mei 7, 2012

    Nee, dit werk nie. Dis waarom ek vra!

  8. frandr het gesê op Mei 7, 2012

    Ek het dit eenkeer per groot ongeluk reggekry en nog nooit weer probeer nie – maar nou het ek behoorlike crib notes! Baie dankie, Katrina!

  9. elizac het gesê op Mei 7, 2012

    Ek het dit altyd so gedoen, maar skielik staak alles. Sal maar weer probeer wanneer ek krag het vir sukkel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.