by

ONS KAN TOG SO OOR TWAK PRAAT

Februarie 12, 2012 in Sonder kategorie

Maar die dinge wat werklik saak maak, sê ons nie. Soos: jy is ‘n pragtige mens. Jy doen so goed. Ek hou van jou. Ek het jou lief. Welgedaan.

Môre om aguur doen ek ‘n les met my studente wat ek “Fantastieskat” noem. (Kyk bietjie www.businessballs.com vir die idee).  Ek sit en werk daaraan. Die lewe gaan aan. Niks hou op omdat die mense vir wie ek lief is, swaar kry nie. Niks kom tot stilstand omdat iemand kanker het, of sterwend is nie.

Ek wil so graag in wonderwerke glo. Ek bly glo – teen alle verstand en hoop in.

Dis net wanneer jy in die laatnag hoor jou swaer se kanker het na sy brein versprei en dat hulle niks meer vir hom kan doen nie, dat jy ten hemele wil skree.

13 antwoorde op ONS KAN TOG SO OOR TWAK PRAAT

  1. As my swaer se kanker na sy brein versprei het sou ons almal verlig gewees het want dit sou in ‘n plek wees waar dit geen skade kon doen nie.

  2. Ag kry vir jou tog ‘n sin vir humor. “n Trophy wife sonder een is wel – net ‘n paar boobs.

  3. TS het gesê op Februarie 13, 2012

    Sterkte…

  4. Jy gaan vir my ‘n lesing oor onvanpas gee? Dis ironies.

    Oor jou humorsin kan mens maar net sê dat jy soos die mense is wat destyds namens die blindes beswaar gemaak het oor die Nando’s gidshond advertensie. Elizabeth kan self besluit of wil lag of nie. Sy kan selfs my kommentaar skrap. Ek sal haar wel waarsku dat ek verneem dat seker bloggers se ondersteuning hier kom in teen ‘n prys. En as ek sê prys bedoel ek rande en sente.

    En ek leef nie in jou verlede ek herhaal maar net wat jy so oor rn oor van jouself vertel.

  5. Ai, Elizabeth. Ek het gister gehoor my neef wat drie jaar jonger as ek is, is skielik oorlede. Skielik lyk alles onbelangrik…

  6. elizac het gesê op Februarie 13, 2012

    Wil jy regtig hierdie forum gebruik om ‘n punt oor jou swaer te maak? Wees liewer bly oor jou swaer, oor die mense in jou lewe, en dat hulle nie terminaal siek is nie. Of dat jy nie terminaal siek is nie. En gaan skryf asb oor jou swaer op jou eie blog.

  7. elizac het gesê op Februarie 13, 2012

    En dis die waarheid. Hierdie geskrop in sand op soek na wat – erkenning? – en dit terwyl ons eintlik die lewe moet geniet.

  8. Miserable!

    Sterkte!

  9. Ag Klari dissie lekker nie!
    Sterkte daar!

  10. Die lewe is nie in ons hande nie…
    En ek smile lekker vir jou antwoord aan Johan 🙂

  11. vdmbj het gesê op Februarie 13, 2012

    Ek ken die gevoel. Goed gestel. Sterkte.

  12. elizac het gesê op Februarie 13, 2012

    Ag, ek weet ek moet nie op sulke twak antwoord nie, maar regtig? Party mense is nou net doodeenvoudig nie sensitief nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.