SKOON TOT 13 APRIL
Januarie 21, 2012 in Sonder kategorie
Nou ja toe, daar is die besoek aan die onkoloog nou ook verby en dus ook die Zoladex-inspuiting. Nou’s dit nog net ‘n mammogram en beendigtheidstoets op 7 Februarie en dan is ek “skoon” tot 13 April.
Het vandag groot konsternasie op Gesigboekie veroorsaak met my foto’s. Ek dink mense vergeet dat ek steeds behandel word, want ek word dikwels vertel dat dinge nou “normaal” is.
Hier is die uitsig wat ek vanoggend gehad het:
Jy lê te heerlik op die bed en dan kom spuit ‘n chemosuster jou in om die plek te verdoof. Dan lê en wag jy tot hulle seker is dat jy niks gaan voel nie. Daarna lyk dit so:
En ja, daai punt is die naald! Mens voel niks nie – dis net blou vir so ongeveer drie weke na die tyd. Soos julle kan sien, het ek baie pret met die SwartBessietjie!
Snaaks, die mishoring kerm weer vanaand iets ysliks.
shlwanjan het gesê op Januarie 21, 2012
sjoe dis ‘n leeeelike naald daai!
Doubtingthomas het gesê op Januarie 21, 2012
Ja wragtag – daardie naald lyk soos ‘n “jomper.”
TS het gesê op Januarie 21, 2012
liewe tyd dit lyk na ‘n breinaald!
Baie bly vir jou!
HeavyHenry het gesê op Januarie 21, 2012
Eina! Ek kry sommer seer!
elizac het gesê op Januarie 21, 2012
Ek kyk gelukkig gewoonlik nie!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 21, 2012
glo en hoop jy is vir altyd ‘skoon’
kan egter dink dat elke opvolgondersoek maar met ‘n angstigheid benader word.
Het nog ‘n vriendin wat woendsdag vir haar opvolg gaan. dink altyd ook aan jou as ek met haar praat
Modigliani het gesê op Januarie 23, 2012
Fantastiese nuus!!!
elizac het gesê op Januarie 30, 2012
Hoe het dit toe met jou vriendin gegaan?
elizac het gesê op Januarie 30, 2012
Hehe! Dis die eerste keer dat ek daarna “kyk”. Het dit nog altyd vermy. En sekerlik kan julle nou verstaan waarom ek altyd vra dat hulle foto’s van Brad Pitt se agterwêreld op die plafon plak? Net om my aandag af te lei! 🙂