Hoax! Little boy needs 100 Facebook shares for a heart transplant
Januarie 11, 2012 in Sonder kategorie
Kan mense nou asseblief ophou om hierdie boodskap rond te stuur? Dis mos net absoluut sotlik om te dink ‘n hart sal beskikbaar word net omdat 100 mense sy probleem op facebook geshare het. En gaan google tog die goed voor jy dit vir ander aanstuur!
If this little boy gets a 100 shares then he can get his heart transplant for free
Of course, the message is nonsense – and simply clogs up Facebook users’ walls and newsfeeds. Think about it – is it really likely that a child will be given a heart transplant simply because enough people like a photograph on Facebook?
Another version of the hoax reads as follows:
I NEED AT LEAST 10000 SHARES.
Plz share..... Heart surgery free of cost for children (0-10 Yrs) Ph : 080-28411500 It might save some1's life...! Sharing takes a second... in bangalore INDIA
More than likes, sharing can help !
erikavz het gesê op Januarie 11, 2012
Ek raak net so ‘fedup’ as sulke gemors kry – dieselfde met die emails wat mense tog so lief is om aan te stuur.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 11, 2012
wat my die josie in maak is dat dit intelligente, geletterde mense is wat sulke goed aanstuur en opsit
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Nogal, ja, en as ek dit nou net een keer kry, dan is dit dalk nie so sleg nie, maar keer op keer, week in en week uit?
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Snaaks genoeg is dit altyd die mense wat vir my vertel hoe besig hulle is wat tyd het om die goed aan te stuur!
TS het gesê op Januarie 12, 2012
Dit laat mense voel hulle help, maar intussen word hulle deel van die bedrog spul.
Ek steur my nie daaraan nie
shlwanjan het gesê op Januarie 12, 2012
Ja-nee kyk…en sms’e wat vir my vertel ‘n sendelingpaartjie iin korea/sudan/die kongo gaan binne die volgende uur deur die regering daar tereggestel word as ek nie NOU begin bid laat dit klap nie. Daai een het nou al drie keer, tyd en datumloos, by my verbygekom.
Geminaai het gesê op Januarie 12, 2012
Het jy dit vir die mens gesê wat dit vir jou gestuur het?
katrina het gesê op Januarie 12, 2012
Join the club! Ek wonder altyd of die mense wat dit aanstuur dink daar is ‘n feetjie iewers wat tel hoeveel muisklikke en shares gemaak word. Selfde met die e-posse wat niks anders as die ou kettingbriewe is nie. Die ergste was toe ek anderdag een van ‘n vriendin af kry waarin nogal vertel word watse SLEGTE goed mense getref het wat dit nie aangestuur het nie… Ai.
Modigliani het gesê op Januarie 12, 2012
Ek hoor jou.
Dit maak my absoluut gek.
Ek verstom my aan die mens”dom”…
elizac het gesê op Januarie 15, 2012
Ai, jy sien, almal wat dit aangestuur het, is sulke naais en oulike mense. Ek wil nou nie hê hulle moet sleg voel nie! Maar ek dink ek sal die webbladsy nou maar op my fb status sit…