EK SOEK BIETJIE RAAD VAN DIE JONGERES VAN GEES
Januarie 11, 2012 in Sonder kategorie
Wie weet hoe om ‘n fotoboek aanlyn te skep? Een wat jy dan laat druk soos ‘n album? Vriendin van my praat van Picasa, maar ek kan tussen die bladsye en bladsye inlig
ting nie die webwerf vind vir die foto-albums nie.
Dan was daar nog iets wat ek wou vra, maar dit het my ontgaan. Weet nooit of dit die gevolge van die ouderdom of die chemobrein is nie.
…
Reg. Ek’t nou bietjie gewag en kan steeds nie onthou nie. Ek aanvaar dit was belangrik, anders sou ek dit nie vergeet het nie!
TS het gesê op Januarie 11, 2012
Hoop jy het die allermooiste jaar.
katrina het gesê op Januarie 11, 2012
Hi Elizabeth – gaan loer ‘n bietjie by http://www.rapidstudio.co.za Hulle het sagteware wat ‘n mens kan aflaai en jou fotoboek so kan saamstel.
shlwanjan het gesê op Januarie 11, 2012
ja, google bietjie rapidstudio. Ek het ook laasjaar picasa probeer, en amper my polse afgekou van frustrasie, totdat maankind my na rapidstudio verwys het. Hulle print net in jnb, maar hulle courier na enige plek in die land. My boeke het pragtig uitgekom, en dit was nie so duur nie.
Peace4All het gesê op Januarie 11, 2012
Rapidstudio. Beste diens en beste kwaliteit.
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Dankie. Ek probeer al 24h vir Picasso aflaai!
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Dankie.
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Selle vir jou!
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Ek het nou maar al gedelete en iets anders probeer laai, maar na 24h is ek nog niks verder nie!
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Dankie.
elizac het gesê op Januarie 15, 2012
En ek sukkel nou al van Donderdag af om my files by RapidStudio uit te kry!