AI DIE YDELHEID
Desember 14, 2011 in Sonder kategorie
‘n Mens kan darem ydel wees. So het ek nou al in my soeke na net-asseblief-ook-‘n-bietjie-goed-lyk hierdie week weer my wimpers laat verleng, my naels laat doen, my bene en ens. gewaks, en vandag gaan ek nog my winkbroue en hare kleur en die hare (tydelik) laat reguit blaas. Aangesien ek mos nou deesdae lyk soos een wat besig is om ‘n Afro te kweek.
Maar nou betaal ek die prys vir my ydelheid: ek lyk vandag soos een wat dik getik is en toe deurnag gesit en huil het. Wat nogal gevaarlik is die tyd van die jaar, aangesien dit nou sestien dae teen die mishandeling van vroue en kinders is (Sestien dae? En wat gebeur die ander 350/349 dae van die jaar?). Netnou stop een my op straat of gaan kla my man aan. Want ek het nou ‘n yslike allergiese reaksie op die vals wiimpers, en moes gisteraand al die goed van my oë afkrap. Intussen het ek al antihistamien gedrink dat ek disfunksioneel is, en gooi die hele tyd Allergex in my oë.
Kom nou van ydel wees, maar ek wou so graag goed gelyk het vir die krismis.
Ek hoop maar die winkbroutint is nie net so ‘n tragedie nie. Die winkbroue is maar aan die yl kant – al is dit al meer as ‘n jaar na chemo – en dit lyk nie of dit ooit weer sal wees soos voor die tyd nie. Hopelik help dit om die aandag weg te lei van die wimperlose oë…
bloukaap het gesê op Desember 14, 2011
ydel is OOK goed
katrina het gesê op Desember 14, 2011
Mooilyk is goed vir die gemoedstoestand en gee vir ‘n mens sommer baie emosionele energie. Daar is darem nog ‘n week plus vir die allergie om weg te gaan voor Kersfees.
TS het gesê op Desember 14, 2011
Sjoe ek het nie gedink dit kan gebeur nie!
Stokkiesdraai het gesê op Desember 14, 2011
Hahaha – maar ai, ons leer ook nie….!
HeavyHenry het gesê op Desember 18, 2011
Eish!
loudavisi het gesê op Desember 18, 2011
Ek weet: mens kyk in die spieel en dan dink jy, en dan droom jy van hoe dit of dat beter sal lyk.
Hoop jou allergie is kortstondig.
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
3 Dae geduur!
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Dit was al my vierde keer… Ek het reeds by poging nommer 3 probleme opgetel, maar hierdie keer was ERG! Nou sit ek maar so twee wimpertjies regs en twee wimpertjies links en verbeel my ek lyk oulik!
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Praat van ‘n donkie, ja.
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Klaarblyklik tog! Ek sou ‘n foto kon plaas as ek net kon sien om die foto te neem!
elizac het gesê op Januarie 11, 2012
Ja, teen Krismis het ek al weer kon sien en my naels was terug na kortkort.