by

DIT WORD NET BETER

Oktober 14, 2011 in Sonder kategorie

Dis nie die einde van hierdie week nie. Klaarblyklik nie.

Vanoggend gaan ek vir my Zoladex by onkologie en word meegedeel dat die mediese fonds nog nie toestemming gegee het nie. Sê ek ewe, jis, ek wonder wat aangaan, want hulle weier om vir my bloedtoetse te betaal en dis tog alles van onkologie. My mediese fonds het R380000 beskikbaar vir onkologie, en dis beslis nog nie uitgeput nie.

Maar die liggies gaan nie aan nie.

Kry ons later vanoggend ‘n e-pos: die universiteit het ongelukkig nie fondse om die personeel te betaal nie. Menslike hulpbronne sal vir ons briewe gee om vir die bank te gee. Om te wat? Om vir hulle te sê ons gaan nie salaris kry nie, ons weet nie of ons ooit weer salaris gaan kry nie, maar leen asseblief vir ons geld vir ingeval?

En toe maak ek nog ‘n e-pos oop: unievergadering sou vandag plaasvind (nie my unie nie). Een van die items op die agenda: die feit dat die universiteit nie in September die pensioen- en mediese fonds bydraes betaal het nie.

Nou’s die ligte aan, en dis beslis nie ‘n goeie manier om die naweek te begin nie.

NS Dis nou dieselfde universiteit wat einde Augustus ‘n baie fênsie kongres aangebied het wat klaarblyklik R1,4 miljoen rand gekos het. En toe slegs R80000 van die geld kon terugkry, maar dit moet ons glad nie pla nie, want die doel van die kongres was nie om geld te maak nie, maar vir “ontwikkeling”. Ekskuuuuuuuuuus?

En eintlik mag ek mos nou niks sê nie, want dis my werk, en ek is baie lief vir my studente, maar dit raak nou baie dik vir ‘n daalder. Een van die dae sit ek ook tussen al die ander pasiënte by die Frere Hospitaal en wag vir my staatsmedisyne.

8 antwoorde op DIT WORD NET BETER

  1. Liewe Fok, dis belaglik. Mens wil vloek en skree. Wel, ek HET nou gevloek. Ek gaan sommer bietjie hierso in my woonstel skree vir jou onthalwe. Djirr…………………….

  2. goeie donner, sommer baie kommerwekkend!
    Hoop die situasie kan gered word

  3. Aggge nee! Arme jy!Ek hoop jou naweek is beter.

  4. elizac het gesê op Oktober 14, 2011

    Dankie. Ek voel na iets slaan. Het maar aansoek gedoen vir ‘n pos by ‘n ander universiteit…

  5. elizac het gesê op Oktober 14, 2011

    Die probleem met ‘n naweek is dat werksprobleme nie oor naweke opgelos word nie. In elk geval nie waar ek werk nie.

  6. elizac het gesê op Oktober 14, 2011

    Ja, ons bid maar.

  7. En ek se nogals op jou vorige skrywe dat alles van nou af afdraend gaan…..sorry!
    Ek moes seker opdraend voorspel het…

    Hoop jy kry die ander pos!

  8. elizac het gesê op Oktober 16, 2011

    Met wat? Ek het ook nie salaris gekry nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.