by

MY LEWE…

Mei 28, 2011 in Sonder kategorie

… is deesdae so opwindend soos dié van daai ouens wat so planking doen. Want hoe verveeld moet jy nou wees om op vreemde en gevaarlike plekke doodstil te gaan lê en foto’s daarvan te neem net om ‘n bietjie opwinding na jou saai lewe te bring? Dan kan hulle mos maar liewer die tuindwerg – a la Amelie – op vreemde en gevaarlike plekke gaan afneem.

 

Ek’t nou vannag ‘n visserige storie moes klaarskryf sodat my man dit in ‘n handboek kan gebruik. So as julle kindertjies op een of ander stadium ‘n dramatiese storie lees van ‘n seun wat sy vriendin se pa uit die see red, dan’s dit myne. Dis nou net Afrikaans Eerste Addisionele Taal. My kop is skoon suf gedink.

 

Werklik, die muse kan mos nou nie so aangejaag word nie.

 

10 antwoorde op MY LEWE…

  1. Geitjie1 het gesê op Mei 28, 2011

    Ek dink ek beat jou met my vervelige lewe – werk toe, huis toe, van Maandag tot Vrydag. Naweke moeg gewerk, tyd vir rugby en rustig wees!

    Ligpuntjie? Oor drie weke gaan ek vir ‘n vinnige besoek aan die Vic Falls!

    Hoop jy’t ‘n opwindende naweek!! Groete

  2. Blikskottel het gesê op Mei 28, 2011

    Het darem goeie “betaling” gekry vir die werk?

  3. TS het gesê op Mei 28, 2011

    oooo nee dankie – opwinding is overrated

  4. loudavisi het gesê op Mei 28, 2011

    Ken ook van vervelige rituele…drink af en toe my koffie voor ek stort in die oggend..net om anders te wees – so opwindend!
    ; 0

  5. Maankind2 het gesê op Mei 28, 2011

    Tien sterre! Opwinding is inderdaad overrated. Ek like die groewe van my lewe! Dit beteken Maanman het nou die koerante gaan koop, en dan gaan hy koffie brou…

  6. elizac het gesê op Mei 28, 2011

    ‘n Bos blomme. Nie wat jy dink nie.

  7. elizac het gesê op Mei 28, 2011

    Uiters. Moet werk doen vir die kerkbasaar!

  8. elizac het gesê op Mei 28, 2011

    Ja, moet sê: ek’t genoeg “opwinding” in my eerste huwelik gehad. Nou wil ek eintlik net ‘n prettige lewe hê!

  9. elizac het gesê op Mei 28, 2011

    Dalk moet ek begin koffie drink in die oggende?!?

  10. elizac het gesê op Mei 28, 2011

    Dalk moet ek begin om koffie te drink in die oggende?!?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.